Sunday, December 30, 2007

OUJAAR

Loop ek en Stoffel (my ou getroue chowhond) met sonsopkoms vanmore brom brom deur die agtertuin,
want ek en die buuroom se haan is weer haaks vanmore!
toe n vaal voelveer uit die doringboom deur die stil somerlug grond toe dryf.
Op die gras le n verwaaide vinknes, die eiertjies stukkend, verlore tussen die doringtakkies,
en ek besef met n skok dat die dae van nog n jaar besig is om uiteen te spat.

Iewers bokant my koer twee duiwe rustig voort.
Daar was nog altyd vir my iets skrikwekkends in n duif se onversteurbaarheid...

Ek staan met die stukke van die verflenterde nes in my hande en dink net soos die nes is die dae van die jaar uiteen geruk deur tyd,
en al wat oorbly is n sagte veer van herinneringe hier en daar...

Ek stap verder onder die doringbome en droom...
oor die boeke wat ek graag in die nuwe jaar wil lees,
die musiek wat ek graag wil luister,
die mens wat ek graag wil wees...

In die nuwe jaar wil ek graag...

meer doen as omgee, ek wil help.
meer doen as vergewe, ek wil vergeet.
meer doen as gee, ek wil dien.
meer wees as net vriendelik, ek wil n vriend wees...

Friday, December 28, 2007

My kind

Nooit sal ek die dag vergeet, lank gelede, toe ek jou die eerste keer in my arms gehou het nie.
Ek het onmiddelik met jou gebind:
Jy was myne, vir ewig en altyd myne!

Jou afhangklikheid en hulpeloosheid het my hart week gemaak, en ek het hierdie allesoorheersende drang gekry om jou te beskerm!
Ek wou keer dat jy nie verstik, versmoor, of verhonger nie.
Jou behoud was geheel en al in my hande!

Terwyl ek besig was om jou pasgebore lyfie in n nuwe babygro toe te wikkel, het n liefde
soos wat ek nog nooit ervaar het nie oor my gespoel en ek het besef dit is wat hulle MOEDERLIEFDE noem....

Onthou jy nog hoe ons stories gelees het toe jy klein was?
Hoe ons saam biblioteek toe gegaan het, en wanneer ons tuiskom, styf teen mekaar op die rusbank stelling ingeneem en gelees het?
Jy was so lief vir biblioteekdae!

Jy was nog bitter klein toe ons twee se pad stamperig begin raak het:
Ek het begin veg teen die spook van n mislukte huwelik; veg, veg, veg!

Intussen het jy begin skoolgaan, goed presteer, selfs uitgeblink op sommige gebiede!
Skaak gespeel en aan kunswedstryde deelgeneem!

Ek het my geveg teen die mislukte huwelik spook verloor en n nuwe spook het ons lewens binnegekom, die spook van egskeiding!
En daardie spook my kind het groot stukke van ons twee se stralekrans stukkend geslaan...
Weke lank, maande lank, jare lank, het ek net na die egskeiding spook gestaar!
Ek het nagmerries gehad oor die spook
Gehuil oor die spook,
Baklei teen die spook,
Verwyt oor die spook,
Gebid oor die spook,

Die spook het baie name gehad;
Huishuur betaal,
Kos koop,
Klere koop,
Skoolgeld betaal,
Kampgeld betaal,
Baklei, smeek soebat vir onderhoudgeld!

Heeltyd staar ek na die spook, keer ek vir die spook, todat ek jou my kind nie meer raakgesien het nie!

Het jy na my gesoek, my kind, lank gelede toe die spook ons huis beset het, al die weke maande jare toe jou mamma by jou verby gekyk het, dwarsdeur jou gekyk het, en slegs met die spook doenig was?

Het jy na my gesoek my kind, toe jy in jou eie donker rondgetas het, toe jy kalmte en begrip nodig gehad het?
Hoe bang moes jy nie gewees het nie!

My kind voor dit te laat is moet jy weet; ek huil altyd wanneer een of ander begaafde kind, die Antjie Krog se ma gedig voordra:

Ek huil nie uit selfgenoegsaamheid nie,
Ek huil nie omdat iemand ingesien het hoe ondankbaar n ma se lot is nie,
Ek sluk die pyn weg omdat ek weet en besef dat ek die enigste mamma is wat jy ooit sal he!
Ek huil omdat ek nie vir jou die mamma was wat jy verdien het om te he nie!
Ek huil omdat jy jou nie op my wysheid, kalmte, vergiffenis of genade kon beroep nie;
want ek was te besig om na die spoke te kyk.

Ek skryf vir jou kind, omdat ek jou nou sien soos wat jy is, n stukkie van myself, die draer van my gene, en van my tekortkominge.
N unieke wese, los van my, vry en selfstandig...
maar deur my gekneus en verflenter!

Hierdie is sommer n laatmiddag gesprek my kind,
van n jammer se ma,
wat jou wil verseker dat geen spook ooit weer tussen ons sal kom nie!

Liefde Mamma

Tuesday, December 25, 2007

Dis Kersfees

Onwillekeurig dink ek vandag terug aan al die Kerstye in my jongmeisie dae en gaan my hart en gedagtes na die mense wat nie meer saam met ons is nie...

My Pa... n wyse man, n ware Godsman!

Kleintyd in pa se arms buite op die grasperk saans...
Daar was geen televisie om ons na binne te lok nie,
Le ons op ons rue en weef ons eie mites rondom die sterre...
gee ons eie name aan hulle en wonder oor wat agter die sterre le...

So leer pa ons n paar ware sterrefeite:
Ons kan ongeveer honderduisend miljoen sterre op n wolklose aand met die blote oog sien, dit maak deel uit van wat ons die melkweg noem.
Die melkweg wat ons kan sien, vorm deel van agtien sulke melkwee.
Die grootste hiervan die Coma-groep,
honderd miljoen ligjare van die aarde verwyder...
n ligjaar is, terloops, die afstand wat n ligstraal in een jaar afle teen n snelheid van driehonderdduisend kilometer per sekonde!

Die son.... n brandende bal gasse is n miljoen keer groter as die aarde en 150miljoen kilometer van die aarde gelee, word beskou as n middelmatige ster, en naaste aan die aarde, en dit vorm die middelpunt van die sonnestelsel.
Daar is nege planete wat om die son wentel (bv die planeet aarde met sy satteliet maan)
So wys Pa aan ons dat hierdie duisligwekkende feite vermeld word in Genesis 1:16
God het toe die twee groot ligte gemaak ook die sterre.

Pa leer ons ook van God se sorgsame Finesse met die skepping:
die ritme van die seisoene,
die insek in sy kamoeflage,
die retina van die menslike oog,
die waterdruppel en sandkorrel,
die atoom en molekule...

En so vertel Pa my een aand onder die sterre van hierdie skeppingsmagtige God se seun, sy kind, Jesus Christus, wat deur sy koms die astranomiese tyd in twee geklief het.
Die geleentheid?
KERSFEES, toe God n nuwe ster in die Ooste geplaas het om die koms van die Sterkind te manifesteer.
Die Rede?
Want so lief het God die wereld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
maar die ewige lewe kan he!

Geseende Kersfees!

Friday, December 21, 2007

Net n bietjie liefde

Ek word met die mooiste kaartjie uitgenooi na Jan se mamma se babatee partytjie:
Spesiaal afgelewer per hand deur Jan.

So dollie ek myself ekstra mooi vir die party vanoggend 10h00,
stap sommer die entjie om na Jan se huis en word luidkeels
deur hom by die tuinhekkie verwelkom,
aan die hand geneem en plegtig aan oupa Tokkie wat met sy koerant
onder die afdak sit voorgestel:
Se Jan:
Oupa dis Tannie Omie...........


Binne word ek weer deur Jan aan al die ander gaste voorgestel,
my plek word aangewys:
reg oorkant die twee oumas,
twee deftige dames moet ek se:
en kon ek nou nie help om hulle gesprek te volg nie,
Sowaar sit die twee deftige tantes hulle mans en bespreek.............

Mamma se ma kla:
Haar man sit vroeg aand voor die televisie en snork, sit sy skoene nie in die kas nie, week sy koekie in sy tee, en ergste van alles...... hy bestuur ingedagte!

Pappa se ma skuif reg op haar stoel, reg om te verbeter op ander ouma se klagtes:
Haar man nou weer kla sy:
le by vergaderings en kyk nooit eers televisie saam met haar nie, hy sit sy skoene in die verkeerde kas, sit sy mond nie aan haar tuisgebakte koekies nie, en hy bestuur so wakker dat hy vir elke ander bestuurder n kritiese opmerking het!

A ha! dink ek so by myself, julle tweetjies loop al jare rond met n beeld van die ideale man in julle koppe,
en daar is net een ideale man, die een wat julle nie mee getrou het nie.
Jammer hulle het nooit agtergekom alle mans is nie tydskrif, rolprent, of advertensie helde nie!

Tuis gekom sit ek my anderhelfte en bekyk en bedink.....
Hy is nou nie die soort man wat orgidee in sneespapier huistoe stuur of duur franse parfuum saambring nie.....
Maar hy kom roep my wel op geheimsinnige manier in die kombuis om aan my die eerste ryp appelkoos van die seisoen te wys, of die eerste roosknop vir my te pluk.....
Maar die heel belangrikste is dat hy my liefhet!

En net daar en dan sit ek vir ons tweetjies Andrew Lloyd Webber se:
Love Changes everything,
kliphard aan en gee hom n verrassingsdrukkie!

Thursday, December 20, 2007

Om te gee

Die buuroom se hoenderhaan was vanoggend besonder haastig om die dag te groet
en het my alreeds tien voor vier by die koffie ketel gehad.
Ons beleef skielik Junie weer in Desember en daarom beland ek toe met my beker koffie
in my winterhoekie vanoggend.

Die onverwagse winterweer het reeds gisteroggend hier by ons kom kopuitsteek,
ek en die oom was vroegoggend oppad, en moes met n skok gryp na n warm dingetjie...
dit was snerpend koud!

By die gebou waar ons moes wees was die oom soos gewoonlik oorhaastig en moet ons wag
vir 8H30 dat die deure oopmaak.
Almal staan koulik met truie en baaidjies rond, die wind sny deur murg en been...

Die karwag wat daar oppas kom koes koes aan vir haar dagtaak en sit haar botteltjie water
onder die boom by ons motor neer:
Ek skat haar so by die 60jaar oud, verrimpeld, sonder tande, rubber plakkies aan haar voete, n goeie 2nommers te groot, en n denimbroek aan wat duidelik al n paar jaar gelede uit die mode geraak het, daarby n dun verbleikte T hempie aan:
Ek sien sy kry koud... en ek weet as sy koudkry is sy honger ook!

Maand vir maand moet ek na hierdie gebou kom, om vir die ou meisietjie te kom beduie dat die oom nou nie sonder die ou pilletjies of die inspuitings kan aangaan nie, maar volgende maand kort daar maar weer n item of twee in die pakkie...
en so ken ek hierdie gebou en sy mense goed... en hulle vir my!
maar dit is nou die eerste keer dat ek die ou vroutjie daar kry:

So los ek nou gisteroggend die oom om maar self die groot geveg te hanteer met die ou meisietjie,
want sien my kop en my hart is by die ou vroutjie buite onder die boom...
Ek bly so lekker in my gerieflike huisie, het elke dag genoeg kos om te eet, kom vanmore n ou warm dingetjie oorgooi teen die onverwagse koue...
en ek probeer my indink hoe hierdie ou vroutjie moet leef...

Die oom wen sy geveg by die toonbank en ons mik vir die motor...
Buite by die motor vra ek die oom sy beursie, goed soos hy my ken, weier hy om die beursie aan my te gee maar gee my n noot, daarmee kies ek koers na die wegneemete karavaantjie onder n ander boom, en koop n warm pastei en koppie koffie...
terug by die motor gee ek dit aan die ou vroutjie, plus die al die kleingeld van die noot wat die oom my gegee het,
met die dankie se slag kyk sy my vol in die oe en ek sien n eensaamheid daar wat n pyn deur my laat skiet wat ek seker nie gou sal vergeet nie...

Terug in die motor, die oom al klaar in trurat, ruk ek die deur weer oop en val amper uit in my haas om by die ou vroutjie te kom,
want besef ek skielik...
sy kry koud ook!
Ek trek die warm baaidjie uit en gee dit aan die vroutjie, haar tandlose mond reeds vol van die groot hap pastei kan sy nie gou genoeg gesluk kry om dankie te se nie, maar ek sien dit in haar oe...

Die oom is glad nie ingenome met my vrygewigheid op hiedie wintersoggend in die middel van die somer nie...
Dankbaar dat hy nie my gedagtes kan lees nie noem ek hom toe sommer daar en dan n simpel ou mannetjie!
(sulke dinge doen ek net in my gedagtes)

Nodeloos om te se dat my gedagtes toe vanmore 4uur nog steeds besig was met die ou vroutjie...
en is ek so dankbaar vir alles wat ek hiedie jaar ontvang het...
te veel om hier op te noem:
onverwagte geskenkies, n randie in my hand: koop vir mamma iets moois,
maar die meeste van alles is ek vanmore dankbaar vir die liefde wat ek so oorvloedig ontvang van die mense wat na aan my hart le:

En daarom is my opregte gebed vandag:
Vader, daar is so baie mense om my wat dinge nodig het dat ek soms na handdoek ingooi voel.
Ek bid dat U my sal help om ander te help, om in hulle behoeftes te kan voorsien soos U in myne voorsien.
Amen...

Vir die ou vroutjie:
n sonneblom kan op n ashoop staan sonder om neer te kyk na die vuilgoed aan sy voete.
sy kop is altyd gedraai na die warmte van die son.
Mag God se warmte jou ook so trek, dat jou oe op Hom gevestig bly en jy sy skoomheid aan die ashoop van die wereld sal vertoon...

Wednesday, December 19, 2007

Die lag in my oe

Die volgende verhaaltjie het ek so uit die perd se bek gehoor!
Ek sal dit oorvertel so goed ek onthou:
Met uit die perd se bek verwys ek hier na Tant Hettie.

So vertel Tant Hettie my een wintersoggend seker so 5,6 jaar gelede terwyl ek besig is om haar hare te kleur........

Ou Faan is nou nie n slegte ou nie, dis nou te se as jy nie met hom getroud is nie.
Deur harde werk en spaarsamig te lewe het hy n ou besigheidjie opgebou wat hom n redelike inkomste besorg het.
So het hy mettertyd n nuwe huis gekoop, by die gholfklub aangesluit en selfs lid van die plaaslike sakekamer geword.
By die 19de putjie was hy nie suinig om sy rondte drankies te betaal nie, en so is Oom Faan toe aanvaar in die gholfspelerskring wat die welvarende groep van die dorp ingesluit het.

Sy vrygewigheid het egter nie vir Tant Hettie en die huishouding ingesluit nie:

So vertel Tant Hettie het sy maand vir maand versigtig te werk gegaan met die huishoudelike rekeninge, maar elke maand die dag wat sy die maandelikse begroting aan Oom Faan moes oorhandig met angs en spanning tegemoet gegaan.
Oom Faan kon glad nie verstaan dat die gedurige styging in pryse, die kinders wat groter word, en selfs die nuwe buurt waarin hulle gewoon het, dit vir haar onmoontlik gemaak het om te verhoed dat die rekenings maandeliks styg:
En so het Oom Faan maand vir maand daarin geslaag om Tant Hettie skuldig te laat voel oor haar SPANDABELHEID!!!

Wanneer sy begin skelm word het weet ek nie, maar Tant Hettie het begin rekeninge wegsteek.......
en vir etlike maande daarmee weggekom....
Verstout deur haar sukses het sy selfs vir haar en die dogters n paar nuwe rokkies gekoop.....

maar soos die lewe maar is, moes die bom een of ander tyd bars, en toe dit gebeur het Tant Hettie vir die eerste keer in haar getroude lewe n pak slae gekry.......

Die volgende dag is Tant Hettie toe prokereur toe, n klag van aanranding is teen Oom Faan gele, reelings is getref om nwoonstel te huur, die kinders gevat en voorlopig by haar suster ingetrek...

Oom Faan op sy beurt was nie n ou wat hom deur n vrou laat rondstoot nie en het sy gholfbedrywighede rustig voortgesit soos altyd.....

Die volgende week is die woonstel van hoek tot kant uitgerus, klere vir haar en die dogters gekoop, en sommer vir die spite ook n goue horlosie, n string kunsperels en n borsspeld met klein robynsteentjies, alles op Oom Faan se rekening, haar suster en die se kinders is ook nie vergeet nie........
nadat sy n draai by die haarkapper gemaak het is sy terug woonstel toe en Oom Faan was n paar rand armer!

Nog voordat Oom Faan van die nuwe klomp skuld gehoor het is Tant Hettie se dagvaardiging op hom bestel.....
Genade het sy nie vir hom gehad nie! helfte van die boedel wou sy he, plus onderhoud vir die dogters bereken op die lewensstandaard wat beter by sy gholfvriende se bestaan gepas het as by sy eie.

Oom Faan was woedend!!!!!! slegs sy vrees vir die polisie en hangende aanrandingsaak het verhoed dat Tant Hettie n tweede pak slae kry!
Oom Faan plaas n kennisgewing in die koerant dat hy Stefanus Lodewikus Lotter, geen verantwoordelikheid aanvaar vir skulde aangegaan deur sy vrou Hendrietta Lotter, gebore Louw nie...... Maar na n besoek n gesiene en geleerde advokaat moes Oom Faan druipstert uitvind, hy was verantwoordelik vir die skuld aangegaan deur Tant Hettie voor die datum waarop die kennisgewing in die koerant verskyn het en was Tant Hettie in elk geval geregtig op die helfte van die boedel, dit sluit nou in die huis, meubels, motorkar, kontant, en die ou besigheidjie!
Al sou hy ondergang in die gesig staar Tant Hettie was geregtig op die helfte!!!!!
en Oom Faan het besef dat die ou Hettie erens tussen die daaglikse gesukkel en vrees gesterf het, en vir hom het sy al klaar n ander mens gelyk.....

Maar Tant Hettie se nuwe opwindinde lewe het ook maar nie lank gehou nie, die meisiekinders was nie gelukkig in die woonstel nie, hulle het verlang na die kat, die honde, die skilpad en hulle pa!!

Toe Tant Hettie terloops hoor van Oom Faan se vriendelikheid met die dorp se weduwee was sy
woedend!!!!

Vir Oom Faan was die lewe ook maar nie maklik nie, sy eie kos het hom nie aangestaan nie..... en namate Tant Hettie se eise bekend geword het, het hy sy finansiele posisie krities beskou en so het die onvermydelike gebeur:
Tant Hettie, die kinders, en al hul nuwe besittings is terug huistoe..........
Oom Faan was nie meer die man wat hy was nie maar wat kan n mens nou verwag in hierdie onregverdige land waar n man nie eens meer baas is oor sy goed en sy eie vrou nie!!!!

Die afgelope naweek het ek gaan kuier by vriendin en tweelingsus, so tussen die twee loop ek toe mos vir Oom Faan en Tant Hettie raak en sien ek weer dat Oom Faan na al die jare steeds nie die lag in my oe verstaan as ek na hom kyk nie..............

Tot n volgende keer...

Friday, December 14, 2007

vrouwees

Vir die afgelope 3jaar kraai die buuroom se hoenderhaan my elke oggend 4uur wakker, en ek bedoel elke oggend.... 4uur!!!

En so gebeur dit toe dat ek n winter en somer hoekie het vir 4uur in die oggend.
In my winterhoekie is n lekker gemakstoel, gehekelde kombersie, verwarmer, en n stapeltjie boeke en tydskrifte......

My somerhoekie is die boonste trappie by my agterdeur. In my somerhoekie word daar met n sterk koppie swart en bitter koffie baie gedink en oor baie dinge gepeins......
en so bedink ek al n geruime tyd die wonder van vrouwees......
Deur die loop van my lewe het my pad al met baie soorte vroue gekruis en het ek tot die slotsom gekom dat alle vroue uiteraard geskape is om te wil dien............

So deurmekaar soos my gedagtes half vyf soggens op my stoeptrappie is, so deurmekaar gaan hierdie skrywe seker wees, maar glo ek elke vrou wat hier lees sal weet dit is waaroor vrouwees gaan.!

My dagtaak is maar die doodgewone huiswerk, en wil dit my voorkom of alles waarmee ek in my lewe te doen het, n magnetiese veld vir stof en vullis is, en in my opinie bly die vrou maar die aankantmaker van die wereld.

In elke huishouding is daar iemand wat soggens opstaan en die huishouding aan die gang kry en gewoonlik is dit maar die vrou.....
En dit kan maar n eensame taak wees om op te staan terwyl almal nog warm slaap, n vrou se werk is trouens een groot eensaamheid.............

Watter vrou ken nie die volgende nie:
n Inkomstebelastingsertifikaat word vermis.....
Boeta se skoolboek vroeg in die more.....
Die telefoonrekening, die biblioteekboek.
Die hele huis word omgekeer, is dit moontlik dat iets so kan wegraak?
En op die ou end voel ma verantwoordelik,
wanneer die ding eindelik uitkom, is dit dalk nie meer so nodig nie maar ma se beeld is in elk geval geskaad, haar huishouding is deurmekaar......


Nou is dit die tyd van die more dat die res van die huis moet koffie kry en ek maak die ketel vol water.....
Ek besef die klassieke beeld van die vrou met die waterkruik is nog lank nie uitgedien nie.!
Die vrou se roetine in die huis is ewig verweef met water, so veel so dat sy self verlore is sonder
die spoeg waarmee sy seerplekke dokter en reddingswerk aan vuil gesiggies doen. Vat nou maar die Samaritaanse vrou wat oor die jare heen vir SES MANS moes water aandra van die fontein af!

So sit ek nou een oggend, koffie en al op die trap, skuins voor vyf, en hoor ek die allervreeslikste rusie oorkant die pad plaasvind. Vrou se bussie tel haar so net na vyf soggens op om haar Johannesburg toe te neem vir haar dagtaak.....
Besef ek weer dat verbale aanranding sekerlik een van Die ergste aanrandings ooit is.......
Maar daaroor gesels ek n volgende keer........
Vrou kom uit om vir haar bussie te wag op die sypaadjie, en ons oe ontmoet.....
Ek sien op haar gesig sy verstaan die boodskap wat my oe aan haar stuur..........
Ek voel jou pyn ook in my hart!
En wens ek inniglik dat sy tyd gehad het sodat ek vir haar n stukkie Esther kon lees............

My lewe lank vandat ek die verhaal van Esther in die Bybel kon verstaan, wou ek so bitter graag soos sy wees......
Die mooie Esther, Bybelse Aspoesterjie, het meer wysheid in haar pinkie gehad as baie vroue in hulle hele lyf......
Toe sy voor n vuurproef te staan gekom het, het sy instinktief hierdie beleid beoefen:
Loop tot waar jy kan sien, en as jy daar kom, sal jy verder kan sien............

Ek is nog lank nie klaar gedink oor vrouwees nie, maar tot ons weer daaroor gesels los ek julle met die volgende gedagte:

As ek n leuse vir vrouwees kon maak, sou dit so gelees het:
BID EN WERK

Tot n volgende keer.

Sunday, December 9, 2007

parra(slot)

Hierdie is maar n kort samevatting uit die lief en leed van parra, parra en Aunt N loop die goeie part van agt, nege jaar saam...

Die Lebanese filosoof. Kahlil Gibran, self n woordkunstenaar, het baie wyse raad gehad oor die uitspreek van woorde:
Woorde is tydloos, en jy moet hulle uitspreek met die volle wete dat, eenmaal gebruik hulle nooit weer vergaan of verdwyn nie, skryf hy.

Die lewende bybel se oor woorde-:
Maar n mens se woorde kan verskillende gevolge he- dit kan doodmaak of lewe gee. As n mens dan lief is om te praat, moet jy onthou dat jy met die gevolge sal moet saamleef!

In Ebba Pauli se boek die kluisenaar het ek die volgende verhaaltjie gelees wat my al baie jare bybly:
n vrou het eendag vir die wyse ou man kom vra hoekom niemand van haar hou nie. Die kluisenaar het goed geweet dat sy ongewild was omdat sy nie omgegee het wat sy vir en van ander mense se nie.Hy het gebuk en n blomkop vol ryp saad gepluk en vir haar gese om daarop te blaas, bra onwillig het sy gehoorsaam en honderde saadjies het die lug in gevlieg en grond toe gesweef.Die kluisenaar het haar toe gevra om al die saadjies weer op te tel.
maar dit is onmoontlik het die vrou gese ek kan hulle dan nie eers meer sien nie, hoe sal ek hulle dan nou weer kan optel.
Hierdie vehaaltjie het my geleer dat so min as wat jy die saadjies weer kan bymekaar maak jy weer woorde kan bymekaar maak wat jy alreeds rongestrooi het.......

En daarom het Aunt N altyd probeer om haar woorde sag en opbouend te hou wanneer sy met parra moes praat deur die jare,

Parra is besig om boedel oor te gee, al wat vir parra weer n bietjie krag gee is die bottel black label.
Aunt N praat mooi.... maar ter vergeefs parra klou aan die bottel!
Parra se kinders huil, hulle verlang na parra, maar al wat vir parra saakmaak is die bottel, en natuurlik Engel, want teen hierdie tyd is parra alweer werkloos en moet Engel die bottel voorsien.
Ja parra gaan sien haar kinders, elke keer op die dag wanneer parra die welsyn toelaag wat sy vir haar kinders kry kan gaan haal, en parra se eerste stop met die ou welsyngeldjies is die dopshop!
Parra se kinders het nie skoene nie, maar parra het n bottel!

Aunt N probeer weer, bied aan om vir parra hulp te kry met die bottel, maar parra glo sy het geen probleem met die bottel nie-
Parra maak pelle met Aunt N se buurseun want hy en die bottel is net sulke goeie maats.....
Parra en die buurseun beland tussen die lakens.... die buurseun net 5jaar ouer as parra se oudste seun....
en Aunt N se woorde raak min.....
Aunt N probeer aan parra verduidelik dat wanneer jy ander mense teleurstel jy altyd kan gaan en onverskoning vra, maar wanneer jy jouself die dag teleurstel kan jy nie verkoning vra nie, jy leef met die teleurstelling saam......

Parra se lewe bestaan nou uit pendel tussen haar ouerhuis, Engel se ma hulle se huis en Aunt N se huis....
Parra gee nie meer om nie! nie vir haarself nie, nie vir haar kinders nie, nie vir die mense om haar nie!
Aunt N wend n laaste desperate poging aan en bel parra se ouboet....
Maar loop n bloutjie by parra se boetie, want reken hy parra se lewe en hoe sy dit lewe is haar keuse en volgens hom sluit dit vir Engel en die buurseun en die bottel in.....

Aunt N besef met n groot hartseer binne in haar..... sy het verloor,
en so saggies as moontlik met so min woorde as moontlik, stuur sy vir parra terug na haar ouerhuis toe!
Aunt N los die volgende gedagte by parra.....
You will never realize Jesus is all you need untill He is all you have, and when He is all you have you will come to understand that He really is all you need!!!


Tot n volgende keer.

Friday, December 7, 2007

Parra(3)

Jisterday parra.... twee jaar na die bewaarderjie en daar is weer n man in jou lewe!

Tyd heel alle wonde het my oorlede ma altyd gese.....
en by parra het ek gesien die ou afgesaagde uitdrukking is waar....
Tyd vee uit! of so het ek gedink.....

Parra bel .... daagliks, sy wil na die groot stad kom, oor begin saam met die nuwe man,
en dink Aunt N sy sal werk daar kry?
Aunt N waarsku, gee raad, En Aunt N is bekommerd...
En een goeie oggend bel parra vir Aunt N .... sy is in die stad... boots en all...
by Engel se ma hulle.
Vir n week hoor Aunt N niks van parra en Engel nie en die sondag moet die oom maar vir Aunt N inni motorkar laai en na Engel se ma hulle se huis ry want Aunt N moet vir parra sien.

Wat n ontnugtering eintlik twee ontnugterings....nee drie....
Parra is groter as ooit!
Aunt N en die oom moet opi sypaaidjie met parra kuier, word glad nie ingenooi....
En toe verkyn Engel.....
En Aunt N......
GRIL, sulke diep afkuwelike grille....


Engel het iewers langs die pad sy voortande verloor....
en sy hande is vuil...met vingers soos worse...
kyk niemand inni oe net heeltyd op die sypaaidjie....
n onplesierige man!

Die kuiertjie was van korte duur want Aunt gril.....

Die volgende week gaan haal Aunt N vir parra want parra moet werk kry en parra sal nie daar by Engel se ma hulle werk kry nie....
Parra is skaars by Aunt N aan huis toe Aunt N besef ....met n groot skok besef... parra het verander!!
Van n liefdevolle, aantreklike wese na n vraat....n drank vraat! vraat lelike woord maar waar!
Parra se eerste dag in Aunt N se huis, Terwyl Aunt N en die oom by die werk is klim parra in die oom se wiskey bottel in en maak dit leeg....dolleeg, en toe maak sy die oom se seun se twee botteltjies bier in die yskas ook leeg...

Aunt N is stom.... en die oom alles behalwe stom!
moet Aunt N toe nou hoor parra het by die smous geleer drink.... Black Label drink.
Aunt N wil haarself wysmaak die traumas in parra se verlede het haar beinvloed!

Aunt N keer die oom en die oom se seun, hulle wil parra terugstuur.. na Engel se ma hulle toe....
Aunt N kry vir parra werk, as n kasier, by n supermark, met goeie moontlikhede,
Parra pay elke saterdag, en parra koop black label, en Engel kuier.
Aunt N praat mooi...Aunt N vloek... Aunt N dreig... maar parra los nie die black label.
Intussen ry parra met die oom se seun se motorkar werk toe en terug, maar Aunt N vertel nie vir die oom se seun van die black label nie...... want Aunt N ken die oom se seun heeltemal te goed om hom van die black label te vertel!

Aunt N begin torrig aan die oom se seun... kry vir parra by jou werk n ou joppie.....
die oom se seun kry amper op n jeugdige ouderdom n beroerte....
Maar Aunt N bly torring, as parra net n goeie werk het sal dit beter gaan met parra en die black label, en Aunt N bly torring, weke lank torring sy aan die oom se seun, tot die oom se seun besluit al hoe hy vir Aunt N van sy nek af gaan kry is om vir parra n ou joppie te kry.... by sy werk.....

Parra bly heerlik en gratis by Aunt N en die oom en werk vir n lekker salaris by die oom se seun se werk...
en Engel kuier... tydig en ontydig...
Parra en Engel besluit parra moet weer by Engel se ma hulle kom bly want Engel sien te min van parra, en parra trek na Engel se ma hulle toe!
Parra en Engel drink... Black label....

Aunt N het slapelose nagte oor parra...
want glo Aunt N die liewe Vadertjie het parra op haar pad gestuur sodat sy vir parra kan en moet help....
Maar die oom en die oom se seun glo nie dieselfde as Aunt N nie....

Volgende keer is dit die slot van Parra en Aunt N

Tot dan

Thursday, December 6, 2007

Parra(2)

......een van parra se werkskolegas het vir haar verduidelik van sms flirt, Parra is vol hoop!

Parra flirt en Aunt N hou asem op....



Om die verhaal van parra te verstaan moet ek haar so bietjie beskryf.....

sy is so n rapsie oor die vier voet(ou taal) en weeg op die flirt stadium so 125kg

vreeslik kort en vreeslik rond....



Parra kry verbasend baie reaksie op haar flirt profiel, want sien dit sluit nie n foto in nie, en so begin Parra se BAIE koffie afsprake....

en dit bly, elke iedere een by die eerste afspraak....die koffie,



Al moet ek dit nou self se maar parra se Aunt N is n vrou van velle talente....

sy neem parra bietjie onder hande, knip haar hare in die jongste styl, kleur dit STOPSTRAAT ROOI, en so sagkens as moontlik moedig sy vir parra aan om n bietjie gewig te verloor, want glo my afgesien van parra se oros mannetjie lyf is sy regtig n mooi vrou!



Parra flirt, Aunt N knip en kleur, maar sowaar.....NIKS GEBEUR!



So na die derde vierde maand van parra se geflirt gebeur dit... n man stel belang... en parra gaan op n tweede koffie date!Na die vierde koffie date word hy aan Aunt N voorgestel, glad nie onaardig nie, dink Aunt N en nogals van die naburige dorp, met nie n te slegte werk nie, smous polonie en kaas aan supermarkte en kafee`s.

Parra blom en Aunt N het weer so biejie tyd vir die oom, die kind en die honde!



Dit gaan goed met parra en die smous en net toe Aunt N en parra se ma begin beplan aan die troue gebeur dit..... een saterdagmore half vyf bel parra vir Aunt N wakker sy staan voor die hek en sal Aunt N asseblief vir haar oopsluit sy het n krisis. Amper vergeet ek om te noem dit is in die middel van die winter... in die rivierdorp!

Hoe op aarde dit gebeur het kan Aunt N nou nog nie na twee jaar onthou nie, Parra se smous is innie tronk, vir KINDERMOLESTERING... n jarelange vriendin van die smous se 12jarige dogterjie,

Die dorp waar parra en Aunt N woon se tronk sit net oorkant die treinspoor en staan bekend as die LEEUHOF TRONK en mammas met probleem seuns maak hulle bang met die leeuhof tronk. N vreeeeeslike plek glo om in te beland.

Parra verbaas almal meeste vir Aunt N toe sy besluit om STERK te wees en die man by te staan.

Parra kuier elke besoekdag by die man, dra koekies en seep en kos aan.





Parra se kerel was seker so ses maande in die tronk toe parra begin vertel van die bewaardertjie, n mooie man volgens parra!

In hiedie krisistyd in parra se lewe kry die oom, dis nou Aunt N se man n oorplasing na die stad, en so gebeur dit dat Aunt N nie die bewaardertjie ontmoet voor die groot trek nie.



Parra en Aunt N sms dat dit klap en die liefde loop hoog tussen parra en die bewaardertjie....

teen hierdie tyd het parra ook besluit kerel is skuldig en te gevaarlik om naby haar ou twee seuntjies toe te laat.

Parra en die bewaardertjie beplan om vir Aunt N te kom kuier in die groot stad, en Aunt N maak huisskoon vir n vale!





Die Donderdagaand voor die groot kuier wat vanaf die vrydag sou plaasvind, bel parra vir Aunt N.....en parra huil nee sy ween... Bewaarderjie het haar gelos....vir haar beste vriendin!

Aunt N is stom! en parra weer flenters.



Volgende keer vertel ek van parra en Engel

Tot dan

Wednesday, December 5, 2007

Parras

Goeie genade hoe gebeur dit? Die parras in n mens se lewe.
Daar was al n paar paras in my lewe, maar hierdie spesifieke een klink vir my is hier om te bly!!!!

Parra en haar man nommer 1 en die pa van haar kinders is twee keer met mekaar getroud en weer geskei, en dan praat ek nie eers van die talle kere wat hulle tussenin probeer het nie.

Para en man nommer 2 se huwelik was baie kortstondig.....Hy het besluit vrou nommer 1 is eintlik die groot liefde van sy lewe en parra soos n warm pattat gelos.
Ag ou parra was flenters!platgeslaan!
Het vir weke aanmekaar gehuil.....

Kyk ek ken toe al vir parra so n jaar of wat.....

Met die groot verlies van parra kom huil sy toe daagliks op aunt N se skouer...
en moet ek nou eerlik erken aunt N geniet dit toe vreeeeeslik om die groot trooster te speel....
aunt N ontpop toe nou sommer in n SIELKUNDIGE N MOTIVEERDER N WYSE VROU se ek jou!!!
en parra huil en aunt N troos maar niks help... parra se hart bly flenters.

Waarom ag vadertjie tog waarom het aunt N nie maar net met parra gesimpatiseer en haar verder geignoreer nie?!

Gedurende parra se helings proses raak sy toe nou vreeslik tuis in aunt N se lewe en huis....
en ontdek parra toe mos die kuns van huil....
vir jare na man nommer 2 huil parra kort kort en aunt N bly troos
want sien aunt N voel toe tog so vreeslik jammer vir parra se ou twee seuntjies en parra se pesionaris pa en ma en parra se boetie wat vir almal moet sorg en dit nogals met n gebrek.

Parra bly en parra word beter want parra ondek toe mos die sms dating ding.....
Maar dit is n storie vir volgende keer....

tot dan...

Tuesday, December 4, 2007

Pelle

Om aan te sluit by vriendinne....
Tussen Pelle en vriendinne is daar n GROOT verskil!
Vriendinne is vir jou n bonus...
Vir Pelle is jy n bonus....

Ek het ou pelle en
flou pelle
mooi pelle en
plooi pelle
vet pelle en
pret pelle
gawe pelle en
brawe pelle.....


Ek was my lewe lank nog nooit sonder pelle nie!
Soms het my huis vol pelle gesit sonder dat ek een van hulle vriendin kon noem!

My ou pel Anita...
Jy het dinsdag na dinsdag my voorhuis kom volsit met jou gebedsgroepie...
Soms het ek met jou saamgestem ander kere erg verskil
Tog jammer dat ek en jy in die vyf jaar dat ons mekaar ken net pelle
gebly het. Jou hart sit op die regte plek. Moontlik le die probleem in ons
geval by my en nie by jou nie!
Tog is ek dankbaar om jou een van my pelle te kan noem.

My flou pel Ronella...
So jonk en mooi en gesond maar tog so stokflou.....
Met my geluk in die lewe moes ek in jou vuil huis intrek en ses weke spook om die plek leefbaar te kry.
En dan durf jy vir my se dat ek my huis so skoon kan maak soos ek wil maar dat geen mens ooit sy gewete kan skoonmaak nie.
Moet se dat ek jou gruwelik verkeerd verstaan het... Het n paar nagte wakker gele omdat ek geglo het jy praat van my gewete......
Tot my goeie vriend aan my verduidelik het dat jy eintlik van jou eie gewete hier praat!
En nou pel maak ek weer heerlik skoon en ja ek poletoer my kaste se deure!!!

My mooi pel...
Mooi die is jy ou pel en al die mans wat saam met jou werk dink ook so!
Kon nog nooit in sewe jaar uitvind hoekom jy aan my bly klou nie.....
Is dit miskien omdat jy net altyd kan bel en vra:
Doen my asseblief gou n gunsie, (op my eie onkostes)
Kyk asseblief vir drie maande na my huis en diere ek gaan buiteland toe, (en dan los jy nie kos vir jou diere nie en moet ek op my onkoste voorsien)
Maak my geskenk skilpad van ses weke groot todat hy self kan eet en dan vergeet om dankie te se!

My plooi pel....
Baie pelle vol plooie het my pad gekruis te veel om hier op te noem...
Party was geplooi van ouderdom ander geplooi van suurgeid ander van kuisheid
Indien een van julle hier lees glo ek julle sal weet ek praat van julle....

My vet pel.... Maggie
Ou pel ek en jy verkil soos dag by nag in alles...
Saam met jou het ek geleer dit is waar....
Teenoorgesteldes trek mekaar aan.
Hier is vir jou n ietsie.....
Maak vrede met wie jy is sodat jy kan tevrede wees met wat jy het!

My pret pel...Ina
By jou het ek werlik van al my sorge vergeet want vir jou bestaan die lewe werklik net uit lag en speel.
Soms as ek aan jou dink lag ek spontaan.
Dit is goed om n nar soos jy in my lewe te he.

My brawe pel....
Ek bewonder jou soms want jy is bang vir niks....
By jou het ek werklik die volgende geleer.....
Wie nie waag nie wen nie!!!
Maar heellaas is ek nie so braaf soos jy nie!!!


Nouja dit nou my pelle.
Al kritiseer ek hulle almal is ek tog dankbaar vir elkeen van hulle in my lewe!
Elkeen van hulle het my oortuig dat ek niemand se pel wil wees nie!!!
As ek nie n vriendin kan wees nie dan bly ek liewer net n kennis!

Volgende keer kom ek by die parras in my lewe.

Monday, December 3, 2007

Vriendinne

n Vriendin is die tissue wanneer jy huil, iemand om hartseer mee uit te ruil, iemand wat luister as jy praat, n slim bron met tonne goeie raad, sy is medisyne vir jou gebreekte hart en ken jou geheime en diepste smart, n vriendin staan by jou wanneer jy swaar gebuk gaan onder laste en smart, sy gee jou vlerke as jy moet vlieg en luister as jy jou sondes moet bieg.

My vriendin van die plaas... 25 jaar is sy deel van my lewe, omhels sy my met liefde, aanvaar sy my net soos ek is. Aan haar dra ek graag die volgende op....
Liewe Heer, my telbord se krale is te min om al my seeninge te tel; Geleenthede,geluk, liefde, en veral my vriendin se vriendskap. My hart is te klein om die rykdom daarvan op te gebruik. Dankie Jesus vir so n Lieflike vriendin, Mag ons nog baie jare tot mekaar toevoeg in waarde en altyd U naam verheerlik.


My vriendin van die padkamp..... Sewe jaar is sy deel van my lewe, ek is baie lief vir haar en kan haar net soos volg bekryf.......
Vir my is sy soos n dieprooi roos-geurig en pragtig ander kere is sy vir my n koelteboom waaronder ek tot stilstand kom om sielskontak te maak, danweer is sy soos n kosmosblom- singend,vrolik en ongebonde, maar sy is beslis ook n protea-standvastig, sonder voorgee en reguit..... en dan is sy n madeliefie-opreg, vol begrip vir my tekortkominge en sommer net lief vir my omdat ek ek is.
N moet in elke mens se lewe... n vriendin soos Fransie!

My vriendin van Secunda en tans in Benoni ouetehuis.....N honderd jaar is ons al vriendinne....
sy is my huil vriendin want in al die jare van vrienskap was daar nog net trane in haar lewe.
Sy is 20jaar ouer as ek en meer n moeder vir my iemand wat ek wil koester en beskerm. En tog ook n groot BLESSING in my lewe want deur om haar te kon bystaan en vertoos het daar in my eie lewe genesing gekom.
Susan vir jou bid ek vanmore die volgende;
Jesus ek weet nie watse traumas my vriendin vandag het nie maar U weet alles.Ek hoor haar swyg, U hoor haar pleit. Ek sien haar lag, U sien haar trane. Ek sien wat sy gee, U sien wat sy van beroof is. Ek sien haar mooi klere, U sien die litteken in haar siel. Ek beleef haar geloof, U ken haar twyfel. Ek bring haar na U troon en vra: Here gee vir haar als wat sy nodig het en sekerheid dat U by haar is. In Jesus naam.

Hierdie drie mense was en is vir my ware vriendinne. Die volgende klompie mense waaroor ek in die spasie gaan praat moet ek nog LABELS voor soek want vriendinne die is hulle werklik nie!

Tot n volgende keer..