Saturday, October 25, 2008

Moeg

Ons verhuis weer...
Die vierde keer in vyf maande!
Weer na ander dorp...
vreemde dorp, vreemde mense, vreemde paaie, vreemde winkels!

...eintlik is ek seker veronderstel om bly en dankbaar te wees, vir die geleentheid om weer n inkomste te he, en ek is, glo my, ek is...
ek gun hom hierdie geleentheid, ek gryp dit saam met hom...

MAAR... EK IS MOEG...
moeg geveg
moeg om hard te werk
moeg om hierdie lewens game te speel
moeg voorgegee!

ek is moeg, meer as ooit tevore
moeg vir reg en verkeerd
moeg vir waarheid en leuens
moeg vir opstaan en aangaan
MOEG

Here, ek is beseer, ek kan nie nou verder speel nie,
ek wil nie nou verder speel nie...

Ek is moeg en jy moet verstaan, en as jy nie wil verstaan nie kan jy maar net verbystap, want ek is moeg "ge-fight" ek het nie meer guts en charme oor nie, ek het niks oor nie!

Friday, October 17, 2008

Die Boodskap

Ek het hierdie e-pos van n vriend ontvang en dit het my so diep geraak dat ek dit graag met almal wat hier lees wil deel.
Die e-pos gaan oor n boodskap van George Carlin, n komediant van die 70's en 80's. Hy het dit geskryf nadat sy vrou gesterf het.
n Boodskap van George Carlin:

Die ironie van ons tyd is:
Ons spandeer meer, maar besit minder.
Ons koop meer, maar geniet minder.
Ons het groter huise, maar kleiner gesinne.
Ons het meer geriewe, maar minder tyd.
Ons het meer grade, maar minder kennis en oordeel.
Ons het meer medisyne, maar minder gesondheid.

Ons drink te veel, rook te veel, is te spandabelrig, lag te min, ry te vinnig, word te gou kwaad, bly te laat wakker, staan te moeg op, lees te min, kyk te veel tv, en bid baie selde.

Ons besittings word meer, maar ons waardes minder.
Ons praat te veel, gee te min liefde, en haat te maklik.
Ons het geleer hoe om n lewe te maak, maar nie hoe om te lewe nie.
Ons tel jare by ons lewe, in plaas van lewe by ons jare.
Ons is al die pad maan toe en terug, maar het moeite om oor die pad te stap en die nuwe bure te verwelkom.
Ons doen groter dinge, maar nie beter dinge nie.
Ons skryf meer, maar leer minder.
Ons beplan meer, maar bereik minder.
Ons het geleer om te jaag, maar nie om te wag.

Hierdie is die tyd van kitskosse en slegte spysverteering
Groot mense maar klein karakters
Stewige profyte, maar slegte verhoudings.
Groter inkomste, maar meer egskeidings.

Hierdie is die tyd van baie in die vertoonkamer, maar niks in die voorraadkamer!

Onthou om meer tyd te spandeer met jou geliefdes, want hulle gaan nie vir ewig by ons wees nie.
Onthou om die een langs jou n warm drukkie te gee, dit kos nie n sent.
Onthou om meer dikwels te se: Ek is lief vir jou, maar meer belangrik om dit te bedoel, n warm drukkie streel ander se seer wanneer dit opreg bedoel is.
Onthou om hande te vat en onthou oomblikke te maak vir die verlang dae wat mag kom.
Maak tyd om lief te he, maak tyd om kosbarhede te deel.

Moet nooit vergeet:
" LIFE IS NOT MEASURED BY THE NUMBER OF BREATHS WE TAKE, BUT BY THE MOMENTS THAT TAKE OUR BREATH AWAY "

Sunday, October 12, 2008

Rose


Op hierdie helder Oktoberdag het ek Rose in my huis...

Ons hetmos maar almal n gunsteling iets...

Van my kinderdae af was rose my gunsteling blom, seker maar omdat rose die heel eerste blomme was waarvan ek bewus geword het!


Die behoefte aan iets moois, glo ek, le diep in elke mens se lewe verborge. Daarom soek elkeen maar op sy eie manier na n brokkie skoonheid wat lig en warmte oor die vaal kolle in sy lewe kan versprei.

Daarom, na my mening, het die roos reg op bestaan!


Vandag is dit moeilik, dikwels onmoontlik om die beginsel van die skoonheid in die lewe raak te sien. Die beeld van die wereld waarmee ons saamleef, is grootliks uit geweld en vrees en aggressie opgebou. Maar dit beteken nie dat alles wat mooi is uit die lewe verdwyn het nie.


So word die rose van hierdie Oktober vir my n wonderlike troos. Ek kyk na hul sagte kleure, hul volmaaktheid van vorm en lyn. Hul geur is om my soos n belofte van iets goeds wat ek nie sal verloor nie...


More of oormore sal hierdie rose verwelk. My blombakke sal weer leeg staan en die geur van die rose sal uit die huis verdwyn...

Maar daar sal weer ander rose wees, net so mooi soos die. En hierdie wete is vandag vir my n groot vreugde...

Ten spyte van verdriet en haat en geweld ten spyte van alles wat skeef en vermink en lelik is - sal daar altyd weer rose wees...

Tuesday, October 7, 2008

Kosmos


Kosmos is genade blomme.

Jy saai hulle nie.

Jy plant hulle nie.

Jy gee hulle nie water nie.

Maar as jy op n mooi dag weer kyk,

staan hulle langs die pad...


So kom n ou seuntjie met skurwe hantjies vandag by my met n bossie deurmekaar blommetjies...

Hierso tannie, vir jou se hy met sy haasbekkie.

En besef ek weer opnuut...

Om liefde te gee KOSMOS niks!





Monday, October 6, 2008

Haar rustige manier

Bel ouma Jane my vanmiddag uit die Baai uit, Ouma Jane is nou nie eintlik n bel mens nie, sien sy glo nog aan briewe skryf, en moes ek baie van haar briewe vir haar gaan pos toe ons nog bure in die stad was.
Ouma Jane is al diep in die tagtigs en het in Maart vanjaar besluit om te gaan "aftree" by haar seun in die Baai.

Ouma Jane het nog altyd n kalmerende uitwerking op mense om haar. Dt is nie iets spesifieks waarop mens jou vinger kan le nie, maar dit is daar. Dit vergestalt in n glimlag, n grappie of die blote daar wees vir iemand om lief te he en self geliefd te voel. Amper almal wat haar ken, voel dit aan.
Dalk is dit omdat ek haar gesiedenis ken. Dit herinner my dat die probleme wat ons in hierdie dol wereld ervaar, nie nuut is nie. Mense het deur die eeue nog oorleef.
Haar oe vonkel altyd. Sy luister, en luister dan nog. Bowenal verstaan sy!
Ouma Jane lag baie...
Haar vrolikheid herinner my altyd "Dinge sal uitwerk-jy sal sien"
Sy sal jou n koppie tee in die hand stop, en vir jou lieflike stories vertel wat jou sal bemoedig
Ek is so dankbaar vir Ouma Jane en haar kalm rustige geaardheid!
Haar liefde vou om my soos n warm kombers en laat my veilig voel.

Is haar troos woorde dan ook aan my vanmiddag...
Ou kind- ek is so jammer dat jy nou deur moeilike tye gaan. Weet net ek is daar vir jou en ek bid vir jou!

Wednesday, October 1, 2008

Oktober

Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand.
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober
die mooiste mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!

So praat C. Louis Leipoldt, en saam met hom juig ons harte;
JA n duisend maal JA vir die heerlike somerdae vol uitbundigheid en vreugde.
So wil ons ook ons dae ervaar, elke dag met afwagtig sien oopbreek en asem ophou vir al die wonderlike dinge wat dit mag inhou.
Ons wil oorvloedig lewe, elke dag ten volle ervaar, elke oomblik soos n lemoen uitsuig todat dit dolleeg is!

Ons wil ons harte oopmaak en die volheid daarvan deel met iemand wat dit nodig het.
Maar ons wil tog ook fyn trap, laag buk en grondlangs ruik om niks van die byna verborge dingetjies onder ons voete te vertrap nie!

Ons wil hierdie mooiste, mooiste maand ons s'n maak en die geurige herinneringe diep binne-in ons troetel om dit weer uit te haal en krag daaruit te put in die dae wat vorentoe mag wag.