Saturday, June 19, 2010

Tevredenheid...

Ek word die laaste tyd vreeslik "aangeval" deur n persoon wat my beskuldig van n "dont care" houding...

"Tevredenheid is nie n willose oorgawe aan wind en weer nie; n skouerophaal oor skynbaar onvermydelike omstandighede nie.
Tevredenheid is juis die sug van vervuldheid nadat jy so goed as moontlik jou kant gebring het, maar sonder daardie verterende begeerte na nog meer. Veral wanneer dit oor status en besittings gaan...
Tevredenheid gaan met dankbaarheid gepaard. Om dankbaar te wees vir die dinge waaroor jy wel beskik. Om al jou gawes as geskenke uit God se hand te erken. Om dit wat jy het, voluit te geniet"

Jammer dat ek nou hier moet stoom afblaas - maar ek hoop nie my "dont-care" houding pla jou nog na vandag nie!


Sunday, June 13, 2010

Maak my...



Hemelse Vader,
dankie vir die wonder dat ek vrede mag he al woed die lewenstorms rondom my -
dat U my rustig maak te midde van heersende onrus,
dat U die bekommernisse en vrese wat my lewe wil oorheers wegneem
wanneer ek U van hulle vertel.
Dankie vir U vrede wat anders is as die van die wereld omdat dit nie op my omstandighede berus nie, maar van binne kom.
Here, help my om vrede te kan bring waar mense opstandig is. In die woorde van Franciscus van Assisi wil ek bid:
Maak my n werktuig van U vrede sodat ek liefde sal beoefen waar mense mekaar haat;
dat ek wonde sal verbind waar mense mekaar seermaak;
dat ek vergiffenis sal bewerk waar daar stryd is;
dat ek die waarheid sal praat waar leuens heers;
dat ek hoop sal bring waar duisternis oorgeneem het;
dat ek vreugde sal bring waar leed woon.
Amen.

Friday, June 11, 2010

Dit is hier...




Suid-Afrika is in die spervuur! Alle oe vanoor die wereld is op ons mooi land en sy mense gerig!
Orals blaas vuvuzelas, mense dans rond op die maat van Afrika musiek, op die meeste voertuie wapper ons landsvlag en die gees is voelbaar op straat en in winkelsentrums...

Ek doen n beroep op al my vriende in die Geloof, om ons land juis nou met die kollig op ons, in die Gees aan ons Hemelse Vader op te dra en Sy beskerming oor ons te pleit.
Kom ons vat hande en wys aan die wereld dat ons n verskil kan maak. Want die verskil begin by elkeen van ons se harte... en nie by die volgende persoon nie!
Kom ons staan op as trotse Suid-Afrikaners en dra n beeld uit na die wereld wat sal maak dat hulle weer en weer na ons mooi land toe sal wil terugkom...

Feel it - it is here!