Tuesday, March 9, 2010

Dinge wat verby is...


Dinge wat jare oud en dood is, is dinge wat verby is...
Ons kan nooit die horlosie terugskyf nie. NOOIT!
Daarom is dit onnodig om tussen die ou doodbeendere van die verlede rond te krap... daar kan nooit weer lewe inkom nie!

En daarom wil ek dit uitjubel sodat almal kan hoor:
Ek is vry, vry van gister! Gister maak nie meer saak nie!
GISTER IS VERBY!

Monday, March 8, 2010

Thursday, March 4, 2010

Toe jy dink ek kyk nie...


Het ek gesien...
* Hoe jy my eerste tekening teen die yskas opsit vir almal om na te kyk, ek was dadelik gretig om nog een te teken.
* Hoe jy n rondloper kat voer, en ek het geleer om liefdevol met alle diere te werk.
* Hoe jy gedurig my gunsteling koek vir my bak, en ek het geleer dat die klein dingetjies so dikwels die spesiale goedjies word.
* Hoe jy n bord kos na n siek vriendin neem, en ek het geleer dat ons na mekaar moet omsien.
* Ek het gesien hoe jy jou verantwoordelikhede nakom, al het jy nie altyd so goed gevoel nie, dit het my geleer dat ek verantwoordelik moet wees en optree as ek n grootmens is.
* Hoe jy elke dag die huis en almal in die huis versorg het, en ek het geleer dat ons dit wat aan ons gegee is moet troetel en versorg.
* Hoe daar trane teen jou wange afloop, en ek het geleer dat wanneer dinge soms seermaak dit doodreg is om te huil.
* Toe jy dink ek kyk nie het ek by jou geleer hoe om n positiewe en produktiewe grootmens te wees...

En nou wil ek sĂȘ: Dankie vir al die dinge wat ek by jou geleer het toe jy gedink het ek kyk nie!

Tuesday, March 2, 2010

Jou Beursie



Wees maar eerlik. God kompeteer met materialisme in meeste van ons lewens...
Outeur John Ortberg skryf: " Soms tydens my optredes, doen ek n klein oefening met mense. Ek vra hulle om hul beursies uit te haal. Dit lyk net soos n stukkie leer, maar in werklikheid is dit die nuwe tempel van die 21ste eeu. Meeste mense glo dat hulle geluk direk gekoppel is aan die inhoud van hierdie klein houertjies, waar die geldgod woon. Ons gee die stukkies leer die mag om ons geborge, sukseksvol en van waarde te laat voel. Dit is vir ons baie moeilik om die stukkie leer prys te gee. Eintlik is die vraag:

Wie is in beheer? Hou jy hom vas of hou hy jou vas?

So, vra ek die mense dan om hulle beursies vir die persoon langs hulle te gee. Op hierdie oomblik het ek skielik almal in die gehoor se volle aandag! Dan kondig ek kollekte - tyd aan. Ek moedig hulle aan om met oorgawe te gee. Op hierdie punt vat almal vinnig hulle eie beursies terug. Dan vra ek mense om vandag te verklaar tot 'genoeg - dag': Wat ek vandag besit - werk, huis, besittings en lewenstyl - is genoeg. Ek vra die mense om vandag op hul kalenders aan te dui as die dag waarop hulle opgehou het om met die bure te kompeteer. Jy sien, dit is nie meer nodig nie, want saam met God wen ons almal!"

Bron: Radiokansel.