Saturday, July 24, 2010

Jy kan as jy wil!


Hy is een van die ouer garde. Trek al n paar jaar in die sewentig. Een van daardie mense wat op n onderhoudende manier stories vertel " uit die ou dae" , sy verteltrant so boeiend dat jy vir ure kan sit en luister as hy op dreef is. n Man met n baie besondere sin vir humor wat tussen sy vriende bekend is daarvoor dat hy n staaltjie kan vertel soos min ander. Maar n man wat ook die ander kant van die lewe ken. Iemand wat weet waarom dit werklik gaan. n Man van integriteit, van durf en daad, van vasbyt en koershou en klaarmaak.

Hy't grootgeword in die jare van die groot droogte van 1933 en depressie wat daarop gevolg het. Sy pa was n boer wat bitter swaar gekry het om te voorsien in sy gesin se behoeftes.
Hy skuif so n bietjie vorentoe in sy stoel en kyk my waterpas in die oe, hierdie verfynde man wat dit ver gebring het in die lewe omdat hy die wil gehad het om te wen!... hierdie man wat geweier het om iewers in n obskure hoekie van die lewe te bly sit. " jy kan van my vertel daar op jou "blokkie" se hy toe ek hom daarna vra, maar jy mag nie my naam noem nie hoor - wat is ek dan nou anders as ander mense? ek het mos niks besonders gedoen nie".
Maar terwyl hy gesels, ontvou daar n verhaal van een van die merkwaardigste mense wat ek ooit in die lewe leer ken het. dis die verhaal van n hegte boeregesin in daardie swaarkry jare. Van n moeder wat haarself soggens afgesonder het om hardop tot die Here te bid vir hulp en leiding en krag vir die eise van elke dag. Van n Vader wat alles veil gehad het vir sy gesin en gedoen het wat hy menslik moontlik kon om die mas te probeer opkom. Ons het swaargekry... ons het twee pragtige karperde gehad, en my pa was so lief vir sy diere. Maar eendag het hy, sonder om iets te se, net dorp toe gery met die kar en perde en sonder hulle teruggekom op die plaas, want ons moes geld he om van te lewe.
Ek luister met aandag en soveel deernis na hierdie lewensverhaal. Dit gryp my aan die hart, veral omdat daar geen selfbejammering in die vertelling daarvan te bespeur is nie. Inteendeel... veel van die verhaal van swaarkry is derspek met dieselfde humor waarvan ek reeds vertel het: die lekkerkry en vreugde van broers en susters wat grootgeword het in n huis waar hulle van jongs af die regte lewenswaardes geleer is.

Hy't na matriek gaan werk by n fabriek en n fiets op skuld gekoop. "My salaris was twaalf pond n maand en die fiets het ek oor n tydperk van n jaar afbetaal teen n pond per maand". Hy't skofte gewerk en het redelik ver van sy werksplek loseer. Hy was nog maar jonk en die skofure het geen genade geken nie. In die felle son, in die middernag, deur wind en weer, gesond of olik - moes hy sy fiets trap. Stukke van die pad was opdraand. ek moes maar hard trap om bo uit te kom, veral as die wind van voor was. Dit was maar vermoeiend. Maar dit was goed vir my, jy moet verstaan dat ek nie kla nie hoor, dit was goed vir my!
Sy oom wat op Vereeniging woon, het hom laat weet dat hy n beter werk daar kon kry. Hy het dus sy werk bedank en met sy karige besittings en sy fiets tydelik intrek geneem by die oom en tante van hom. Toe hy die eerste dag by die "nuwe beter werk" aankom, was daar n misverstand en die persoon wat hom sy werk moes aanwys, gee hom n taak as slyper. Hy moes vir twee maande slypwerk doen! Op n dag is die ongelooflike misverstand uit die weg geruim en het hy n klerklike pos by een van die groot fabrieke in Vereeniging gekry. Daar het hy gewerk vir drie jaar. Todat hy geweet het, helder en seker geweet het: hier wil ek nie bly nie. Hier gaan ek nie my lewe slyt nie. "In my hart was n droom. Ek wou n dokter word" Saam met my het n Engelsman gewerk. Sy naam was Robbie McIntosh. Op n dag loop ek na hom: Robbie, can you lend me fifty pounds, please? I want to go and study medicine. I want to become a doctor...
Met daardie vyftig pond is hy na die universiteit om hom te gaan inskryf en met behulp van verdere lenings kon hy sy studies as geneesheer voltooi. Na sowat nege jaar in n praktyk het hy weer gaan studeer en gespesialiseer.
Hy't die hoogste sport in die lewe bereik, hierdie man wat hard moes trap om bo uit te kom, hierdie man wat die wind van voor gehad het. Hy't bo uitgekom omdat hy die wil gehad het om bo uit te kom... Van hom sou ek in die woorde van n bekende digter wou se: "Stil broers, daar gaan n man verby, bekyk hom goed, daar is maar net een soos hy!"
En watter boodskap van oom kan ek vir die mense wat my blog lees opsit vra ek hom.
Se vir hulle: n mens kan as jy wil. Dis die hele geheim. Jy moet wil om te wen in die lewe. En hiermee dra ek sy boodskap aan jou oor. Handel daarvolgens. Dis louter wins!

Saturday, July 17, 2010

Aan my twee woestyn vriendinne...



Goeie more Sandra en Charmaine
Ek wil graag n gebed vir julle doen...

Liewe Heer, ek nader U troon baie nederig vanoggend en wil U eerstens dank vir U liefde. Heer ek wil U naam vandag groot maak want U alleen is waardig om die lof te ontvang. Laat my asseblief toe my Hemelse Vader om my vriendinne voor hierdie toer van hulle na U toe op te lig. Ek bid dat U op hierdie toer spesiale aandag aan hulle sal gee. Lei U hulle en inspireer hulle deur U Heilige Gees. Gee asseblief U Engele aangaande hulle bevel (volgens Psalm 91) om hulle op die hande te dra, soveel so dat hulle gedurende hierdie toer nie eers hulle voet teen n klip sal stamp nie. Dankie dat U twee sulke fantastiese mense gekies het om deel van my lewe te wees. Deur hierdie twee vroue het ek opnuut weer U Liefde ervaar.
Ek bid hierdie gebed vir my twee vriendinne en ek weet met n kinderlike geloof dat U my gebed sal verhoor, nie net omdat ek dit vra nie, maar omdat ek en my vriendinne afhangklik is van U my God.
Amen.

Love you, en lekker toer!

Sunday, July 11, 2010

Elke huis vertel n storie...


Sommige huise gooi nou maar net hulle flikkers vir jou, terwyl ander huise...

Dit is nou maar eenmaal so dat eerste indrukke tel-
Wanneer ek vir die eerste keer voor n huis stop - kyk ek altyd na die tuinhekkie, posbus en tuinpaaidjie.
By sommige huise moet jy oor die kinders se speelgoed en honde se waterbakke klim om by die voordeur te kom.
Elke huis weerspieel jou lewenswyse en persoonlikheid...

My eerste huis op n Vrydagoggend 8h00 verwelkom my met die geurige reuk van vars koffie (ek is so gelukkig om n koppie te kry elke vrydagoggend)

n Huis vol lig skep ook altyd n opgeruimde atmosfeer.
Kuns - vertel ook n storie van die huismense... familiefoto's of die kleuter se tekeninge.
Wat jy versamel is n uitvloeisel van jou belangstelling en vertel meer as wat jy regtig sal besef.

Is daar enigiets in jou huis wat wys dat jy n Christen is?

Wanneer jy in n Joodse gelowigw huis kom, is die wet by die deure opgeplak...
Moslem huise het skilderye op die mure wat die lof van alah besing...

Meeste van die huise waarin ek werk le n stofbedekte Bybel iewers op n rak...

Tuesday, July 6, 2010

Gebed


Graag deel ek met julle die gebed wat ek en my span elke oggend bid voor ons ons eerste huis begin skoonmaak, al my meisies is Engels sprekend so ons doen die gebed in Engels.


Lord Jesus, as we enter this Home to clean it, we bring Your Presence into it. We speak You Peace, Grace and perfect order into the atmosphere of this home.

Lord Jesus, we thank you for all the spiritual and natural gifts that You have deposited within us. We do not take them lightly, but commit to using them responsibly and well, to the glory of Your Name.
Lord Jesus we ask that You give us a fresh supply of Your truth, mercy and grace on witch to draw, as we do our job.
Anoint our creativity and ideas, refresh our bodies and give us energy so that even the smallest task that we perform will bring glory to Your Name.

Lord Jesus, when we are confused, guide us, when we are weary, energise us, when we feel all burned out, infuse us with the light of Your Holy Spirit.
May the work that we do and the way in which we perform it, bring hope, life and Your peace to all the family members who live in this home.

Lord Jesus, we pray that even in the most stressful moments, we will find rest in You. In the mighty Name of Jesus, the name that is above all Names, we pray.

Amen

Saturday, July 3, 2010

Oor huise skoonmaak...




Ek het nooit gedink dat ek huise sou skoonmaak vir n inkomste nie. Deel van ons Afrika kultuur is dat as jy dit hoegenaamd kan bekostig, jy iemand huur om vir jou te werk - of om minstens die stykwerk vir jou te kom doen...
Die kalf was in die put en so aanvaar ek n pos as toesighouer oor n span vroue wat huise skoonmaak.
Glo my, ek het nuwe ontsag vir elke vrou wat haarself n skoonmakster noem! Om jou eie huis skoon te maak is een ding, om n iemand anders se vuil huis skoon te maak is soms... wel, kom ek vertel van n paar uiterstes...

DIE OPGAARDERS:
Een ou oom is n volbloed opgaarder. Sy huis is vol gepak - ou bokse klere, tydskrifte, koerante... you name it - dit is daar.

DIE PERFEKSIONISTE:
Hierdie man en vrou woon in n praghuis - hoog gerang in die weermag (albei van hulle) Hulle huur ons vir n twee uur diens per week - en elke week wonder ek hoekom hulle iemand betaal om die huis skoon te maak - NIKS is ooit uit sy plek nie - daar is nooit eers n koffie koppie in die opwabak nie.
Aan die ander uiterste van die spektrum werk ons vir n jong paartjie waar die vrou ook n perfeksionis is. Maar aangesien sy nie haar huis in die toestand kan hou waarmee sy tevrede is nie - laat sy dinge eenvoudig gaan... elke week moet ons lettrlik al die klere van die vloer af optel ( soos in die kas is leeg, die vloer is vol...

DIE SJIRUG:
se huis is die mekka van stapels... hulle huis is nie onnatuurlik deurmekaar nie - buiten nou vir die stapels ongeleesde pos en tydskrifte - Wat my daar dronkslaan is hoe BAIE goed hulle het... drie yskaste, vier cd spelers, drie rekenaars...

Soms wonder ek wat ons skoonmaaksters tuis vir hulle vriende/familie se oor ons huise en ons gesinne...
Soms gebruik ek die geleentheid om vir die gesinne te bid terwyl ek hulle huise skoonmaak. Ander kere wanneer n huis rillings teen my rug afstuur - en dit vir my moeilik is om te bid, dan sing ek net saggies my gunsteling koortjie terwyl ek werk in die huis...

Huis skoonmaak hou my nederig en ongelooflik dankbaar! Ek is veral dankbaar vir die nuwe insig in die wereld van skoonmaakpersoneel...