Sunday, February 12, 2012

Wees jouself...



Ons leef in n samelewing waar dit amper n gewoonte geraak het om ander mense te blameer as jou omstandighede nie na wense is nie. Dit het n maklike uitweg geword om ons verantwoordelikhede tov ons eie lewe te ignoreer en dit eerder voor ander mense se deur te wil le.

Ja, daar is omstandighede waaroor ons geen beheer het nie, dit kan ons nie stry nie. Maar soos ons ook weet: Dit is wat jy daarmee doen wat die verskil maak. Ek het daarom die wereldse respek vir mense wat selfs in die moeilikste omstandighede hulle koppe hoog kan hou, positief kan bly en nie hulle inherente geloof in die goedheid van die lewe verloor nie.

Ons is ook sosiale wesens en dus in baie gevalle van ander mense se goedkeuring afhanklik en daarom is ons ook geneig om onself en ons lewens by ander te wil aanpas in plaas daarvan om getrou aan onsself te wees.

Onderstaande, hoewel baie bekend het my weer laat besef die enigste mens wat n verskil in jou lewe kan maak is jyself...


* Mense kan jou laat voel jy loop op n wolkie, maar hulle kan jou ook in die diepste donkerte aftrek...


Mense kan drama in jou lewe veroorsaak en selfs n spesifieke situasie veroorsaak, maar jy is die enigste een wat kan besluit wat jy met hierdie situasie gaan maak...

Monday, January 30, 2012

Hoekom...

... betaal ons nou skielik so duur vir brandstof en elektrisiteit?
... is die olieprys so hoog?
... is suiwelprodukte so duur?
... bly die kinders so siek en wil die antibiotika wat altyd so goed gewerk het nie meer werk nie?
... menstrueer dogtertjies op nege?
... het elke kind in die klas een of ander allergie?
... is die damme, riviere en oseane so vuil?
... vrek die visse in die see?
... reen dit nie soos wat dit altyd gereen het nie?
... al die tsoenami's en vloede?
... so hoe voorkoms van velkanker?
... verloor honderde duisende mense wereldwyd hulle werk?
... is Afrika n kontinent van honger, dood en siekte?

Sunday, January 22, 2012

Gautrain...

Was so bevooreg om in 2011 twee keer op die Gautrain te ry. Albei geleenthede moontlik gemaak deur my kinders. Die Centurion stasie n netjiese uiters moderne gebou.

Daar is 80km spoor en die trein roete is tussen Pretoria, Johannesburg en OR Thambo lughawe.

Die verkeer in Pretoria, na Johannesburg en die lughawe is soms regtig n nagmerrie en die trein n groot uitkoms vir mense op hierdie roete.


Die stasie self is baie goed georganiseerd, die aanwysingsborde duidelik sigbaar en leesbaar - oral goed ingeligte personeel indien daar onsekerheid sou wees. Die aankondigings duidelik hoorbaar en elektroniese flitsborde op al die peronne.
Kaartjies word by elektroniese masjiene gekoop. Dit gaan vinnig en flink. Geen lang uitgerekte toue wat wag. By die deurganhekke druk jy eenvoudig jou kaartjie voor die ogie en jy stap deur.




Roete aanwysings en opklim peronne duidelik aangewys, so verdwaal op die stasie is byna onmoontlik. Die peronne ook baie veilig want daar is n duidelike geelstreep geverf en geen passasier mag oor die streep stap alvorens die trein op die perron gestop het nie.



Die binnekant van die trein en alle stasie geboue is pragtig skoon en daar is ook groot boetes vir enige persoon wat sou rommel strooi of eet op die trein en stasiegeboue. Badkamers luuks en n plesier om te gebruik.

Die spoed waarmee die trein ry is regtig n belewenis... 19minute van Centurion tot in Santon... 4minute van Centurion tot in die stad!






Daar is ook n wye busroete beskikbaar met duidelike opklim en afklim haltes.



Die busse loop n groot gebied rondom die verskeie stasies.




Die Gautrein was vir my en Willie n heerlike belewenis, so ook die busrit van die stasie tot in die stad.





































































Friday, January 20, 2012

Vrae...



Albert Einsten het gese dit is belangrik om aanhoudend vrae te vra sodat ons begrip kan he vir die wonder van die misterie van die lewe. En al verstaan ons nie die antwoorde nie, om nie bang te wees om steeds te vra en te leer nie.

Ons hou vas aan die bekendheid waarmee ons onsself omring, ons vergeet om van elke dag n leerervaring te maak, daarom raak ons mettertyd vasgevang in die allerdaagse, die gewone, die roetine... Voor ons ons oe uitvee begin ons rusteloos en onvergenoegd voel.

Een ding wat ek my lewe lank doen is om vrae te vra... en so het ek vaardighede aangeleer waarmee ek myself, my talente en behoeftes gereeld toets, en as ek agterkom iets skort dwing ek myself om die grense van my geriefsone te verskuif sodat daar ruimte kan wees vir veranderings en nuwe geleenthede. En wat n ongelooflike reis is dit nie elke dag nie!

Sunday, January 15, 2012

Stories...

Ek probeer vreeslik hard om terug te keer na my blog... tyd is nie altyd beskikbaar om hier by die rekenaar te kom sit en kuier nie. Die werk wat ek doen gaan oor tyd... ek werk teen tyd, vyf tot ses huise per dag - elkeen net n sekere tyd, want die klient betaal per uur. Net n sekere hoeveelheid tyd tussen kliente, die verkeer n nagmerrie - die klient vreeslik gesteld op sy tyd - moenie laat wees nie - moenie langer bly nie - moenie minder tyd spandeer as waarvoor die klient betaal nie. Ekself moet 7uur soggens by die kantoor wees om my admin werk te doen vir 10min, 7h15 moet ek die span meisies by die optelpunt kry - dan begin jou geveg teen die oggendverkeer om 8h00 by jou eerste klient te wees... Ek moet ook sorg dat die meisies nie te laat weer by die aflaaipunt kom nie want dan sukkel hulle weer om vervoer te kry huistoe. Ekself gaan dan weer terug kantoor toe om die voertuig te bere, enige kontantgelde inbetaal, kliente se huissleutels weer in die kluis toe te sluit - probleme, versoeke, en sommer net algemene klagtes te rapporteer. Ekself kom dan weer so om en by 18h00 by my huis - dan moet my eie huishouding gebeur... kosmaak, netjies maak, kombuis skoon kry, naweke spandeer ek en manlief Saterdae om ons eie nessie skoon te maak, wasgoed te was, inkopies te doen -- my kaste raak ook vol stof, my vensters moet ook gewas word, my klere gestryk word, my matte ook gestofsuig word... en intussen loop die tyd... Sondae probeer ons tyd maak vir mekaar, lekker rustig raak, die week se dinge met mekaar te bespreek ons probeer om Sondae glad nie op die horlosie te kyk nie...
Ek leer elke dag vreeslik baie by die vier meisies in my span, hulle werk baie baie hard maar het altyd n soort rustigheid aan hulle, is baie lief om te sing terwyl hulle werk, praat onnodig hard, lag lekker, en huil soms ook as die lewe druk, kom met min oor die weg... elkeen van hierdie vier meisies is STERK vroue. Werk hard om ook hulle gesinne aan die gang te hou...

By die kliente leer ek ook daagliks lesse, ek betree elkeen van hierdie mense se persoonlike ruimtes - sien en hoor baie dinge - huil saam met sommige van hulle, bid saam met sommige van hulle en lag saam met sommige van hulle...
Oom Maritz veg nou kolon kanker, hy is moedig en posetief, Mevrou X veg vir haar huwelik - die ander vrou eis meer en meer tyd van Mnr X... Die Y gesin veg saam met hulle tienerdogter die verslawing monster... Die Z gesin gaan maklik en vol geluk deur die lewe, vir hulle maak die terugslae in die lewe niks sleg nie, want hulle is gelukkig en tevrede... Ou Dominee en Tannie Minnaar bly die ewige postoriepaar, ( ek is baie lief vir hierdie twee ou mensies) Tannie Minnie wat elke week eers wil weet hoe gaan dit met Willie, hoe maak sy suiker. By elkeen van my kliente het ek opnuut weer geleer dat elkeen van ons maar net mens is, dat niemand gevrywaar is van die seer in die lewe nie. Jou bankbalans, titel of woonbuurt maak nie van jou wie jy is nie...
Jy is presies net dit wat jy kies om te wees!
Ek kon nie verstaan hoekom die Here hierdie werk vir my gegee het nie, en hoe hard ek ookal probeer het om ander werk te kry, het die een deur na die ander net toegegaan, en intussen het elkeen van hierdie kliente werklik in waarde tot my lewe toegevoeg... my geseen met soveel gesenke - nie net materiele goed nie, maar sielsgoed... ek het besef dat ek nie geld nodig het om goed en eerlik te lewe nie... dat ek nie nodig het om lelik met ander mense te wees om goed oor myself te voel nie...

My kind was baie baie goed vir ons die afgelope twee jaar, familie, vriende en vreemdelinge het hulle harte oopgemaak teenoor ons. Ons het ook geleer om tevrede te wees met wat ons het, nie te bekommer oor die dag van more nie want ons dien n Groot God wat ons nie een dag alleen gelos het nie. Dat ons elkeen hier op aarde is met n doel, dat elke dag sy eie dinge bring, of dit goed of sleg is hang uitsluitlik van jou as persoon af...
Dat n oog vir n oog en tand vir n tand nie altyd die oplossing is nie, dat draai die ander wang werklik werk...
Dat om minder as die volgende persoon te he nie sleg is nie, dat jy dan net dit wat jy het meer wardeer. Dat daar maar in elkeen van ons lewens n traan is ... dat elkeen van ons kosbaar en spesiaal is, dat ons nooit ons eie waarde mag onderskat nie! Dat ons tyd hier op aarde kosbaar is...

Nou vir eers genoeg geklets... tot ek weer tyd het om hier te kuier - God Bless!

Sunday, January 8, 2012

In haar voetspore...

Almal wat my redelik goed ken sal weet dat ek my lewe lank graag n Ester wou wees...
Ester beteken oggendster, en haar Hebreeuse naam Hadassa, is ook die naam van die mirteboom. As jy die blare of die vrug stukkend druk, word n aangename geur vrygestel...

As ek deur die lewe gedruk word, dink ek altyd aan Ester wat haar lewe gewaag het om die Jode te red... Ester was nie net fisiek n mooi vrou nie. Dit was juis haar innerlike wat die verskil gemaak het.



Ralph Waldo Emerson het ook gese: Ons kan die wereld vol reis om die skoonheid te vind - maar as ons dit nie binne-in onnself omdra nie, sal ons dit nerens anders kry nie.

Is jy ook soos Ester (die mirteboom) wat n aangename geur vrystel wanneer jy deur die lewe gedruk word?