Sit ek en die oom gisteraand om n vuurtjie om die aandkos reg te kry, want dit was ons woonbuurt se beurt om in die 'donker' te wees...
Wat is lekkerder as om n vuur te sit en in die rooiwarm gloed te staar...
Dan dink n mens mos diep en baie ver aan dit wat was- al die onvergeetlike hoogtepunte wat verby is...
So laat die vuurtongetjies wat spring en vlietend in die warm dieptes verdwyn jou gedagtes loop!
Le ons hoogtepunte in die verlede? of is daar maar diep in elke mens n hunkering en soeke na nuwe hoogtes in ons lewe?
n Vuur verander gedurig van vorm en kleur en warmte.
Soos n vuur is die mens se gemoedstoestand ook nooit dieselfde nie, soos n vuur wissel ons stemming voortdurend!
Maar dink ons ooit daaraan om soos vuur dieselfde warmte en vriendelikheid daagliks aan ander uit te straal- onvoorwaardelik en ongevraagd?
Om soos n vuur in sy verandering voortdurend vriendelikheid en toenadering te soek en te toon.
Kom raak n bietjie stil by n vuur en dink aan die warm lewenslesse wat hy ons wil leer:
Om met spontane vriendelikheid en onvoorwaardelike vriendskap steeds vir mekaar lief te wees.
Dan sal ons net soos n vuur, warmte in n koue wereld indra...
No comments:
Post a Comment