Jare terug, toe Marius so vyf of ses jaar oud was, het hy dikwels op die eenvoudige wonderwerke van die natuur afgekom.
Eendag het ons n klein, groen ruspe in die tuin gesien. Hy het dadelik n groot glasbottel uit die huis gaan haal en ek het n klein takkie van n boom afgebreek. Ons het die takkie naby genoeg gehou sodat die ruspe daarop kon klim. Toe sit ons die takkie versigtig in die bottel en steek gaatjies in die deksel voordat ons dit toemaak.
Ons het elke dag druppels water op die takkie gesit en die groen gedroggie dopgehou.
Hy was oorstelp toe die ruspe onverpoos sy kokon begin spin... Ons het ons verwonder oor hoe hy geweet het presies wat om te doen. Dit was amper of God se vinger die onderpunt van die kokon balanseer terwyl dit so om en om tol.
Daarna het ons nog intenser oor die proses gewaak sodat die skoenlapper sou kon leef en wegvlieg wanneer die tyd aanbreek om uit sy kokon te kom.
Marius het angstig deur die glas na die lewelose, grys papie gestaar. Hy het gewonder of enigiets gaan gebeur...
Uiteindelik het die dag aangebreek. Die uitgeswelde kokon het begin wriemel. Marius het my dadelik kom roep.
Ons het die bottel uitgevat tuin toe en versigtig die deksel afgehaal. Stadig en sagkens het ek die takkie uit die bottel gehaal en dit op die rand met my duim en wysvinger gebalanseer. Die kokon het eenkant toe gehang, steeds gewriemel, en toe stadig begin oopbreek.
Marius het na sy asem gesnak en gefluister van vreugde, bang dat hy die wonderlike proses kan versteur.
Kort voor lank het n lieflike skoenlapper te voorskyn gekom. Hy was nat en het moeg gelyk. Die pasgebore insek het sy indrukwekkende nuutgevormde vlerke vreeslik stadig oopgemaak. Hy het hulle opgelig en dan weer afgebring met ritmiese, vermoeiende bewegings. Met elke beweging het die skoenlapper sterker gelyk.
Ek kon amper sien hoe God die helder kleure oor die lieflike wese gespat het en hom help om sy vlerke op en af te beweeg todat hulle droog is.
Nuwe krag het in die voormalige ruspe ingestroom. Met een kragtige bewe
ging het dit die lug in geskiet. Ons het aanhou kyk so asof ons n jong vriend vaarwel toeroep.
Ek sal nooit die seeninge van daardie skoenlapper en die les vergeet wat God my geleer het nie: hou vir n oomblik op met dit waarmee jy besig is en geniet die klein dingetjies...
Dankie vir die lekker kuier oor die naweek my kind; jy is nou al n groot man maar steeds seen jy my met die klein dingetjies van die lewe... n lieflike bos rose, omdat dit my gunsteling blom is!
Hallo Nimsi'
ReplyDeleteDit is wonderlik om God se handewerk gade te slaan en te weet dit is net Hy wat so iets haarfyn kon beplan. Pragtige inskrywing!
Dis iets baie spesiaal wat jy met Marius kon deel. Dankie daat jy dit ook met ons gedeel het.
ReplyDeleteSoos Sandra sĂȘ: mooi
ReplyDeletemamma-kind-belewenisse is darem maar kosbaar.
Geniet jou rose!
Oom Petrus, Sandra en Mariki
ReplyDeleteDankie vir die inloer, hierdie betrokke ondervinding sal my seker my lewe lank bybly.
Dankie mariki my bos rose staan waar ek en almal dit kan sien.
Nimsi