Hemelse Vader,
dis so donker en uitsigloos hier in my grot
ek is sielsmoedeloos en daar is glad geen uitkomkans nie
Boonop voel dit vir my asof U my vergeet het.
Praat asseblief met my
sodat ek kan weet dat U in hierdie donker uur van vannag by my is
dat U n spesiale boodskap vir my het en hierdie grot-ervaring wil gebruik om my te vorm
en om U eie krag in my lewe te ontplooi.
Baie dankie dat ek hier in my grot met U kan praat
dat ek vir U presies kan vertel hoe ek voel
dat ek maar mag kla omdat U reeds
elkeen van my depressiewe gedagtes ken.
Vader, leer my weer dat U my nooit sal verlaat nie
dat U by my is wanneer ek in die donker is
en dat U altyd weer vir my sal kom lig maak
met U liefde en U teenwoordigheid.
AMEN
Ai Nimsie dit maak my sommer hartseer as ek hier lees.
ReplyDeleteSterkte vir jou