Monday, March 16, 2009
Heimweedag
Gister was Sondag... Die oggend was grys en koel, Die reen tik teen die ruite en boomblare, en ek weet dis n heimweedag, n dinkdag, n verlangdag...
In die kombuis, die radio saggies in die agtergrond, ek besig om die middagete gereed te maak voor kerk. Wanneer ons na die diens tuiskom, wag dan net die afronding vir die eenmaal per week se rustige saam-eet.
Die reenweer en sagte klanke oor die radio laat my toe op hierdie nat koel Sondagmore in die verlede beland...
Ek is weer terug by daardie Sondagmore n paar jaar gelede...
...ICU - die geveg om n lewe - met al die kennis tot die mens se beskikking.
Ons bid, bid, bid. Almal wat haar so liefhet, bid van ver en van naby. Ons bid verby masjiene en menslike kennis.
Sy is so jonk nog, Vader... haar drie kindertjies nog so klein - hulle het haar nog so nodig!
...Toe is sy weg - heeltemal, finaal weg...
Vaarwel, kleinsus, fluister ek klankloos by die aanraak van die kis met die ontelbare rooi - rooi angeliere bo-op.
Dis nie n storie die nie! Dit bly steeds n ongelooflike waarheid. Engela is weg. Drie en Dertig jaar jonk was sy... drie klein kindertjies los sy...
En hoe mis ons haar - en haar stories - MIS!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Jou verlange en hartseer het jy baie mooi verwoord Nimsi! (((Nimsi)))
ReplyDeleteHello Thea, ja soos die kinders groter word en ek haar meer en meer in hulle herken bly die gemis maar.
ReplyDeleteNimsi
(((Nimsi)))
ReplyDeleteSeker die hartseer herinneringe is ook mooi herinneringe. Sterkte jy
ReplyDeleteDankie Zee xx
ReplyDeleteJa Sandra, sommige lekker lag herinneringe xx
Ai Nims... daar kom sulke dae van intens verlang... my hart is sommer seer vie jou. Maar jy skryf so pragtig daaroor. Hoop jy het 'n vreugde week
ReplyDelete