Ek en Linda is al 28jaar vriendinne, mekaar ontmoet in Evander Hospitaal se kraam afdeling. Ek daar met Marius se geboorte, sy daar met haar derde baba.
Linda is n onderwyseres en gee klas aan spesiale kinders.
Linda was verlede maand in London om te gaan kennis maak met haar eerste kleinkind, n pragtige dogtertjie.
In haar e-pos terug vertel sy my hierdie pragtige verhaal, en met haar toestemming deel ek dit met julle...
Die sewejarige Freddie het sy onderste lip laat dik word. Hy was nie lus om aan te hou om die nuwe wiskundeprobleme te probeer oplos nie. Sy onderwyser Linda het hom weer sagkens, maar beslis deur die stappe gevat. Na baie dae se gesukkel het die twee sukses bereik.
Freddie was hardkoppig, met n sterk wil van sy eie. As mens hom op die verkeerde manier benader, het hy toegeslaan, en niemand het dan gewen nie. Dit het baie geduld geverg om Freddie te onderrig; hy het n aandagtekortsindroom gehad.
Linda het nie sy gees gebreek nie, maar het eerder sagkens die deure van kennis vir hom oopgesluit en hom ingelei.
Freddie het dit baie waardeer. Hy het geleer om haar leiding te volg uit liefde, respek en vertroue.
Verlede maand het n man van byna twee meter homself in n pub in London aan haar voorgestel.
"Juffrou Linda? Ek is Freddie" het hy met n bree glimlag gese. "Ek was in jou klas toe ek sewe jaar oud was. Onthou jy my?"
Linda het deur die jare gereeld aan Freddie gedink. Sy het hom baie goed onthou en was meer as net n bietjie bly om hom te sien.
Freddie (deesdae bekend as "Fred") het sy skoolopleiding voltooi, verdere opleiding ontvang en het n goeie werk in London bekom. Hy het vir Linda gese hy was trots op wat hy bereik het. Hy het ook gese dat hy haar nooit vergeet het nie; en dankie vir al haar liefde en geduld met hom.
Linda is lief vir die Here en bid gereeld vir haar studente. Baie keer help God kinders op n streng, maar sagte manier deur haar onderwys. Linda se elke keer as sy aan Fred dink, kry sy n warm gevoel in haar hart...
Nadat ek hierdie e-pos van Linda ontvang het, het ek al dikwels gewonder hoe Fred se lewe sou uitgedraai het as dit nie vir Linda was nie. Miskien sou God n ander "Linda" oor sy pad gestuur het...
O, hoe dankbaar kan mens tog wees vir die "Lindas" wat andere so begelei. Maar o, diƩ's met nood wat NIE so bevoorreg is nie....
ReplyDeleteHallo Nimsi,
ReplyDeleteDit is price less. Dit wys net wat se spore laat ons na op die mense waarmee ons daagliks skouerskuur. Dit kan harde vernielende spore wees of sagte aanmoedigende spore.
Groete
Naomi, baie dankie ek het geweet jy sou reg laat geskied aan hierdie verhaaltjie.
ReplyDeleteEk is vreeslik beindruk met jou blog en skryfstyl!
Groete
Linda
mariki,
ReplyDeletedis waar, so baie het nie die voorreg om die regte opleiding en leiding te ontvang nie.
Dankie vir jou inloer en n geseende dag vir jou.
Dis waar Oom Petrus en hoe lekker altyd om so n sukses verhaal te hoor ne.
ReplyDeleteGroete daar en n mooi dag.
Linda
ReplyDeleteDankie ook aan jou vir die deel van hierdie verhaaltjie. Dankie vir die foto's van die baba, sy is pragtig!
As al ons kinders 'n "linda" in hulle skoolloopbaan kan ken, kan dit mos net goed gaan.
ReplyDeleteInderdaad Sandra.
ReplyDeleteSterkte met die hitte daar by julle en mooi dag!
Dankie aan hierdie Linda en al die ander Linda's daarbuite wat ons kinders help om suksesvol uit te draai!!
ReplyDeleteLekker dag Nims!!
Ja ek stem Muriel!
ReplyDeleteLekker dag vir jou ook vriendin!