Onwillekeurig dink ek vandag terug aan al die Kerstye in my jongmeisie dae en gaan my hart en gedagtes na die mense wat nie meer saam met ons is nie...
My Pa... n wyse man, n ware Godsman!
Kleintyd in pa se arms buite op die grasperk saans...
Daar was geen televisie om ons na binne te lok nie,
Le ons op ons rue en weef ons eie mites rondom die sterre...
gee ons eie name aan hulle en wonder oor wat agter die sterre le...
So leer pa ons n paar ware sterrefeite:
Ons kan ongeveer honderduisend miljoen sterre op n wolklose aand met die blote oog sien, dit maak deel uit van wat ons die melkweg noem.
Die melkweg wat ons kan sien, vorm deel van agtien sulke melkwee.
Die grootste hiervan die Coma-groep,
honderd miljoen ligjare van die aarde verwyder...
n ligjaar is, terloops, die afstand wat n ligstraal in een jaar afle teen n snelheid van driehonderdduisend kilometer per sekonde!
Die son.... n brandende bal gasse is n miljoen keer groter as die aarde en 150miljoen kilometer van die aarde gelee, word beskou as n middelmatige ster, en naaste aan die aarde, en dit vorm die middelpunt van die sonnestelsel.
Daar is nege planete wat om die son wentel (bv die planeet aarde met sy satteliet maan)
So wys Pa aan ons dat hierdie duisligwekkende feite vermeld word in Genesis 1:16
God het toe die twee groot ligte gemaak ook die sterre.
Pa leer ons ook van God se sorgsame Finesse met die skepping:
die ritme van die seisoene,
die insek in sy kamoeflage,
die retina van die menslike oog,
die waterdruppel en sandkorrel,
die atoom en molekule...
En so vertel Pa my een aand onder die sterre van hierdie skeppingsmagtige God se seun, sy kind, Jesus Christus, wat deur sy koms die astranomiese tyd in twee geklief het.
Die geleentheid?
KERSFEES, toe God n nuwe ster in die Ooste geplaas het om die koms van die Sterkind te manifesteer.
Die Rede?
Want so lief het God die wereld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
maar die ewige lewe kan he!
Geseende Kersfees!
No comments:
Post a Comment