Sunday, April 25, 2010

Friday, April 23, 2010

Gebed vir myself vir vandag


o Hemelse Vader, ek loof en dank U vir die rus van die nag wat verby is.
Ek loof en dank U vir die nuwe dag wat gebreek het.
Ek loof en dank U vir U eindelose goedheid en trou dwarsdeur my lewe.
U het my so ryklik geseen tot nou toe.
Gee my nou asseblief die moed om ook spanning, hartseer, vrees en siekte te hanteer.
Dankie dat U my nog nooit bo my kragte laat ly het nie.
U laat alle dinge ten goede saamwerk vir U kinders.
Amen

Wednesday, April 14, 2010

Pappa


... ek verlang vir jou
na jou menswees
na die holte van jou skouer.
Pappa ek verlang na jou
na die warmte van jou vashou
na jou vertel van melewe se dae
Pappa ek verlang na jou
na die kyk in jou oé wanneer jy vir ons kyk
na jou mooi vertel
na jou liefde
Pappa ek verlang na jou...

Vandag sou my pa se verjaarsdag gewees het, en die ganse dag het die verlang dik in my bors gelé...

Sunday, April 11, 2010

Dankbaarheid...


Daar is twee soorte mense: Dankbaar en Murmerend...

Dr Dale Robbins skryf-
" I used to think people complained because they had a lot of problems. But I have come to realize that they have problems because they complain. Complaining does'nt change anything or make situations better. It amplifies frustration, spreads discontent and discard, and can invoke an invitation for the devil to cause havoc with our lives."

Dankbaarheid kom nie vanself nie. Dit moet in ons lewens gekweek word. Ons moet dankbaarheid saai, elke dag natmaak, dit versorg en dan kan ons die vrugte pluk...
Ons hoef egter nie vir alles dankbaar te wees nie, maar IN alles. Ons slegte omstandighede is baie keer nie n struikelblok nie, maar n klip wat ons op kan trap na beter omstandighede!

KOM ONS FOKUS HIERDIE WEEK DAAROP OM DINGE TE SOEK WAARVOOR ONS DANKBAAR KAN WEES.

Thursday, April 8, 2010

Vrede


Die mens se grootste skat is die vrede wat hy in sy hart dra.
As daar vrede is, is daar vreugde, kalmte en n bereidwilligheid om na die stem van die waarheid te luister...

My een gebed die afgelope vier maande was vir vrede. Ek kan met danbaarheid se dat ek vrede gemaak het met die omstandighede waarin ons tans verkeer.
Dit gaan goed met ons en die onderhoude begin nou gebeur. Ons is baie positief en ek moes ook vrede maak met die waarheid dat God ons slegs op drie manier antwoord:
JA
NEE
of WAG...
En duidelik wil HY ons leer om te wag!

Aan ons twee woestyn Engele Sandra en Charmaine - Baie baie dankie vriendinne.

Ek is amptelik terug op my blog en daarvoor is die kinders te danke!