Friday, August 22, 2008

Is om dood te maak die enigste moord?

Najwa Petersen, vrou van Taliep Petersen, het gister weer in die hof verskyn, rakende die skokmoord op haar man, Taliep, so effe meer as n jaar gelede! Sy is nog geensins skuldig bevind nie, en dus wil ek geheel en al nie oor haar praat nie.
Lees ek onlangs in n gewilde dagblad van nog n vrou wat in die hof verskyn het in verband met n moord op n huweliksmaat...

Nie almal het die moed om sy of haar maat te vermoor nie!
Maar wat huweliksmaats aan mekaar doen, is dikwels niks anders as moord nie!
In sekere gevalle word vroue emosioneel so verniel, dat dit eintlik erger as fisiese moord is!
Dit gaan oor die kenmerk van die post-moderne lewe, naamlik om uiters egosentries te wees!

Hierdie eienskappe speel hom af op hope terreine van die lewe. Lojaliteit tel geen punte nie.
As jy nie genoeg voordeel by jou werk trek nie, stap jy aan na die volgende. As die kerk nie spesifiek aan jou behoeftes bevredig nie, soek jy n volgende gemeente!
Jy vra nie of jy dalk iemand kan bedien nie. En net so is dit in die huwelik!
Jy vra nie wat ek kan doen om my maat te dien nie en wat ek kan insit om die huwelik te laat werk nie.
Nee, jou eie persoonlike eie-ek tel die meeste!
En met so n lewensuitkyk sal geen huwelik n kans staan om te oorleef nie!!

Monday, August 18, 2008

Satan eis ons kinders se lewens

Hoe hartseer word ek tydens die aand nuus. n Jong kind vermoor n ander nog voor skool met n swaard en verklaar doodluiters daarna dat "SATAN" vir hom gese het om dit te doen!
Die radio se middag nuus berig van twee skoolmeisies wat selfmoord pleeg en briewe los wat se hulle sterf eerder voor hulle by satanisme betrokke raak!

Dit maak my so hartseer as ek dink aan dit wat ons kinders in die gesig moet staar, veral wanneer ek dit vergelyk met my eie sorgelose kinderjare.
Ek het groot geword in in n huis waar christelike waardes by ons ingedril is. Vandag kyk sommige kinders met minagting neer op so n opset. Maar ek dank die Here vir gelowige ouers wat n groot rol in my lewe gespeel het.

Vandag se kinders/tieners gaan nie maklik verander nie.
Die belangrikste vraag wat ons egter kan vra is of ons, ons kinders genoegsaam bemagtig om die hedendaagse eise die hoof te bied.
Bestee ons genoegsame tyd aan ons kinders?
Weet ons kinders waar om troos en skuiling te soek?

Ons kinders leef in n ontsettende vyandige wereld. Dis nie net die sigbare sake soos geweld, misdaad en motorongelukke wat hulle lewens bedreig nie, maar ook onsigbare gevare soos dwelms, seksuele losbandigheid en satanisme!

Mense kom ons vat hande en ons bid ernstig vir ons kinders!

My innige simpatie aan die ouers wat vroegmore hulle kind aan die dood moes afgee. My gedagtes en gebede gaan uit na julle.

Tuesday, August 12, 2008

Om heel te bly

In die lig van vroue dag wat ons so pas gevier het, en al die debatte wat in tydskrifte en op radio stasie oor hierdie onderwerp "vrouwees" gevoer is, lug ek graag my beskeie mening hieroor!

Lees ek in n gewilde tydskrif van n nuwe teorie waarom die mans die vrouens nog voor is op letterkundige, wetenskaplike, filosofiese en ander gebiede; Algemeen word aangeneem dat mans n meerdere intelligensie en aanleg het in bepaalde rigtings, byvoorbeeld die meganiese. Ek gaan nie waag om van die geleerdes te verskil nie! Wie wil nou met n kous oor die kop huis toe gestuur word? Statestieke bly statestieke!

Omdat ek self in die huisvrou katagorie val wil ek graag vandag by hierdie susters van my stilstaan...
Want sien ons huisvrouens moes nog altyd as groep die bewys lewer dat die vrou die eweknie van die man is...
Daar is een gebied waarop die huisvrou wel presteer, en dis op filosofiese gebied. Sy mag miskien nie nuwe beskouings en denkrigtings die wereld instuur nie, maar op praktiese vlak kan selfs meesterfilosowe vir haar terugstaan!

Breek kleinboet een van haar mooiste blompotte, moet sy na n paar trane ( en n oorveeg vir boet ) filosofeer: Dis wereldsgoed! Droom sy van n nuwe somersrokkie en sus se skoene gee skielik in, moet sy maar droom van n nuwe winterspakkie!

Ook op wetenskaplike terrein waag sy haar wanneer sy moet help om motortjies te herstel of vliegtuigies te bou... of die naaimasjien lol en die strykyster raak kapot. Om nie by te voeg dat sy nog verpleegster, ekonoom, beplanner, kok, tuinier, kleremaakster en algemene weerligafleier ook moet wees nie!
Dink net... as sy haar voltyds op een van bogenoemde gebiede kon toele, watter sukses kon sy nie behaal het nie! Aangesien sy egter so n veelsydige persoonlikheid het en uiteenlopende arbeid moet verrig; haar tyd so so versplinter word; sy n wandelende woordeboek en ensiklopedie moet wees, kan daar nie van haar verwag word dat sy die gelyke van die man kan wees nie waar hy al sy tyd, kragte, onverdeelde aandag en energie kan wy aan een groot taak!
Dit le in die vrou se aard om huis skoon te maak, kos te kook, al die toutjies te trek en trooswoorde en soene uit te deel waar nodig.
Dis net nie in n man se geaardheid om sy aandag so te verdeel nie!

Wil ons ruil met die mans? Moenie glo nie! Vergeet maar van daardie roman wat jy wil skrywe suster! Bly maar worstel met die probleem om heel te bly elke dag... en alles en almal om jou heel te hou!

Sunday, August 10, 2008

Innerlike Skoonheid

Where shall you seek beauty, and how shall you find her unless she herself be your way and guide?
And how shall you speak of her except she be the weaver of your speech?

And beauty is not a need but an ecstasy.
It is not a mouth thirsting nor an emty hand stretching forth,
But rather a heart in flame and a soul enchanted.
It is not the image you would see nor the song you would hear,
But rather an image you hear though you close your eyes and a song you hear though you shut your ears.
It is not the sap within the furrowed bark, nor a wing attached to a claw,
But rather a garden for ever in bloom and a flock of angels for ever in flight.

People of Orphalese, beaty is life when life unveils her holy face.
But you are life and you are the veil.
Beauty is eternity gazing at itself in a mirror.
But you are eternity and you are the mirror.
(THE PROPHET)
Kahlil Gibran

Omdat skoonheid en sjarme n vrou se geboortereg is, wil sy graag mooi en aantreklik wees...
Die deftigste klere en duurste grimering sal egter nie n vrou beeldskoon of aantreklik maak, as skoonheid nie ook n innerlike bewustheid is nie!

Die vrou is tydloos. Haar jare mag aanstap en daar mag fyn rimpeltjies om haar oe verskyn, maar sy bly steeds vrou...
Die draer van lewe en vreugde!

Ek persoonlik glo dat elke dag van n vrou se lewe vir die volgende dag n voorbereiding is, elke jaar vir die volgende jaar!
C J Langenhoven het toentertyd gese: Twee dinge het my lewe leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het en die liefde wat ek ontvang het: en dit bly ewig waar in elke vrou se lewe!

So leer ek die afgelope dertien jaar baie van innerlike skoonheid by skoonsus: leer ek by haar dat ek met n sagte woord, n vriendelike glimlag en n liefdevolle geaardheid baie meer kan vermag as met harde woorde en stuursheid...
Liefde is die stutkrag agter hierdie vrou se goeie invloed op haar huisgenote en ander mense. Haar uiterlike aantreklikheid en innerlike skoonheid stel haar in staat om haar eie lewe met selfvertoue aan te pak en om die lewens te verryk van almal met wie sy in aanraking kom...

Dankie skoonsus, dat jy die afgelope dertien jaar waarlik nog net in waarde toegevoeg het in my lewe!

Saturday, August 2, 2008

Pyn...wins of verlies

I walked a mile with pleasure,
she chattered all the way,
But left me none the wiser
for all she had to say.
I walked a mile with sorrow,
and ne'er a word said she,
But, oh, the things I learned from her
when sorrow walked with me!

Elkeen wat al WERKLIK geleef het, ken pyn.
Niemand kan pyn ooit heeltemal ontduik nie, dit maak deel uit van ons daaglikse bestaan...
Pyn gaan gewoonlik gepaard met verlies;...
* van n dierbare deur die dood
* van gesondheid
* van n egskeiding
* van ekonomiese sekuriteit
* van n plek in die gemeenskap
Al hierdie verliese gaan gepaard met eensaamheid.
En daarmee saam soms ook angs, selfverwyt, skuldgevoelens en selfs woede...

Maar een ding wat elkeen van ons moet weet is dat pyn en verlies, onteenseglik groei en rypwording meebring!
Daar is eienskappe wat alleenlik met hartseer gekoop kan word!
* n nuwe sin vir waardes
* nuwe prioriteite
* die wete dat elke dag kosbaar is - maak die beste daarvan!

In die woorde van Thomas Wilder:
' In loves's service only the wounded soldiers can serve'!

In my eie lewe het elke verlies, terugslag, pyn of lyding n nuwe bewuswording van my eie reserwes meegebring. En het ek n begrip ontwikkel hoe om hierdie reserwes tot my groter voordeel te ontwikkel...
het ek dit bemeester dat die allerdaagse frustrasies nie meer die mag het om die oorhand te kry nie...

En was God my nog altyd genadig, Hy begryp my pyn!