Sunday, September 19, 2010

Net n vinnige hallo...

Soos Sandra vanoggend se: besig is goed en ek stem volkome saam...
Ek is regtig baie besig en kom maar bitter min by my rekenaar uit, saans is dit kosmaak, kombuis opruim, broodjies vir die volgende dag regmaak, bad en bed want teen daardie tyd is ek moeg verby.

Dit gaan goed met die maatskappy waarvoor ek werk en my rooster is geweldig vol, ek wonder sommige aande hoe ek deur die dag gekom het en dit nog op tyd. Ons werk volgens n tyd-rooster want die klient betaal per uur.
Dan worstel ek nog tussen kliente met die stads verkeer en ander motoriste se ongeduld... stukkende verkeersligte wat in 4 rigting stoppe verander, en glo my bitter min mense weet wat om dan te doen!

So aan almal wat gewonder het waar ek is - dit gaan goed en besig.
Ek wardeer elkeen wat nog op my blog kom lees en kommentaar los al kom ek nie by julle uit nie ek vergeet julle nie...
Ek en Sandra loop mekaar so van tyd tot tyd op facebook raak en wissel n paar woorde...
Charmaine, dit gaan goed dankie vriendin, ek weet jy verstaan van kom nie by die blogs uit nie.
Cecile, baie dankie vir jou getroue kommentaar en ook jou begrip as ek nie altyd antwoord nie.
Sonja jou blog vra vir my n kode en ek het geen idee wat dit is nie, dankie vir die resepte wat jy gemail het ek het dit ontvang.
Miekie hoop dit gaan goed met jou vriendin.
Zee en ek kuier deesdae op facebook.
Muriel en ek het nog nie by die koffie drink uitgekom nie maar sal verseker nog, sy sal my net eendag in haar tuin raakloop.
Mariekie, meraaitjie ek mis jou vriendin.
Oom perus sien ek gereeld want hy is my man se ouboet, dit gaan goed met hom en skoonsus.
As ek iemand vergeet het vra ek verskoning, julle almal bly in my hart en gebede.

Hou my maar asseblief altyd ook in julle gebede - want soos my prentjie hierbo tereg se; keeping cool in the face of your most difficult customer is nie altyd maklik nie...

Tot ons weer gesels: God bless!

Sunday, September 12, 2010

Ek glo...

...aan die LIEFDE
Die geloof het ek nie van n predikant of teoloog ontvang nie, maar van die wonderlikste mens wat ek nog ontmoet het, my pa.
Ek glo in God soos n blinde aan die son glo,
nie omdat hy dit sien nie, maar omdat hy dit voel.
Ek beleef die misterie elke dag diep in myself en in alles wat my omring.
As ek n mens sien, al is dit n gebroke mens,
dan glo ek in n wese wat groter as die mens is...
Ek glo aan die inherente goedheid van die mens
soos ek glo
aan die lente wanneer ek die lentebloeisels sien.

Tuesday, September 7, 2010

Liefde...

is in jou
as die lyding van ander
vir jou pynlik is,
as jy die honger van miljoene
in jou eie liggaam voel,
as die eensaamheid en
die angs,
die nood en die wanhoop
van die swakkes...
jou eie hart verskeur.