Tuesday, August 31, 2010

Gebed van n ouer.



Ek is so moeg van wakker le en wroeg...
My hart is vol kommer oor my kinders se toekoms
Toe hulle klein was
Kon ek hulle teen my vasdruk as hulle seerkry
En pleisters plak en spoeg aansmeer
Todat hulle weer lag.

Nou is hulle groot en hulle seerkry is anders
Ek kan hulle nie meer vasdruk nie
Ek voel so magteloos
Ek kan niks meer vir hulle doen nie

Ek kan maar net vir hulle bid en hulle aan U opdra
GROOT KONDUKTEUR
Ek laat hulle vanaand op U trein
Neem hulle asseblief saam met U op reis

Laat my rustig aanvaar dat ek nie meer kan saamgaan
En neem sommer my bagasie van skuldgevoelens
Waaraan ek so swaar dra ook met U saam

Ek dank U dat U hulle eintlike Vader is, hulle Bloedpa
Dit, omdat U seun hulle met sy bloed gekoop het
Lig U hande seenend oor my kinders Here
En laat hulle opkyk na die hande wat hulle seen

Laat hulle hulle name onuitwisbaar sien in U handpalms
En laat U bloed wat daaruit vloei hulle reinig van alle -
Ja regtig alle sonde

Ek wuif vir hulle terwyl U met hulle verder
Op hulle lewensreis vertrek
Dankie tog Here, dat ek kan weet
U is hulle Redder - ek dank U daarvoor
AMEN

Sunday, August 29, 2010

Dankie




Wanneer groot en wonderlike dinge in my lewe gebeur, voel dit altyd vir my dat Dankie so n ou afskeep woordjie is...

Ek moes die afgelope tyd soveel keer dankie se:
Die jaar tot dusver was baie baie moeilik, maar ek wil graag vanoggend hier stilstaan en met julle deel die wonderwerke wat in my lewe plaasgevind het in hierdie swaar en soms donker tye...

Eerstens het ek nie regtig woorde om God se groot Genade aan ons betoon te beskryf nie. My klein woordeskat beskik nie oor groot genoeg woorde daarvoor nie.
Daarom kan ek net met groot nederigheid my hoof buig en met n opreg dankbare hart - Dankie Vader se!

Ek wil en kan regtig nie een persoon bo n ander hier uitsonder nie, want ons is deur die bank eerstens met LIEFDE bedien hierdie jaar. Want as jy nie Godelike Liefde het nie kan jy nie Genade aan iemand betoon nie... as jy oordeel is daar geen tyd om iemand lief te he nie...

Aan my Hemelse Vader: Dankie vir al die wonderlike mense wat U deel van ons lewe gemaak het.
Aan al die wonderlike mense wat my Hemelse Vader deel van my lewe gemaak het: Baie baie dankie.
Ek wardeer elkeen van julle en het julle opreg lief.

Dankie vir elke gebed.
Dankie vir elke finansiele bydrae.
Dankie vir elke omgee oproep, sms boodskap, e-pos, besoekie as jy in die dorp is.
Dankie vir die kruideniersware wat vir ons gekoop is.
Dankie vir die splinternuwe meubels voor my deur afgelaai.
Dankie vir opregte omgee liefde...


Dankie!

Sunday, August 22, 2010

Hoe Hartseer...



Sy was skatryk...
En sy wou dood wees.
n Tweede huis in Waterkloof, een in die Wildernis en n Bosveldplaas in Rustenburg.
En sy wou dood wees.
Sy het pille gedrink.
Die dokters kon haar red.
Sy het na my gevra - twee ure lank het ek geluister na haar verhaal, en ten slotte het sy gehuil:

"Ek sou alles prysgee, alles prysgee, as ek maar net n bietjie geneentheid en vriendskap kon ken."

Jy kan gelukkig wees in n hut met liefde en diep ongelukkig sonder liefde in die swiergiste villa, versier tot teen die plafon...

n Hut en n hart is al wat jy nodig het om gelukkig te wees.

GELD MAAK MENSE ARM!

Monday, August 9, 2010

Elke Tree



Elke tree skets n verhaal.
Van waar ons was en waarheen ons wil gaan.
Soveel beloftes binne my.
Maar daars net Een wat regtig ewig bly!
Ons loop n pad van hartseer soms...
En as ons terugkyk weet ons wat dit kos.
Maar die lewe stop nie, dit gaan aan
Want ons maak staat op sy Naam!
Op hierdie vrouedag wens ek jou voorspoed met elke tree
Mag elke voetspoor duidelik uitroep...
Daar is n beter pad vir jou en my
n Pad van lig wat na sy troon lei...
Die lewe deel jou net een hand
En dis die Vader wat ons vuur laat brand
Verlore tog was ek en jy
maar terug na Hom is waar Sy liefde lei!

Geniet Vroue dag.

Saturday, August 7, 2010

Salarisdief...




Jy het my privaatheid ingedring deur my geld onwettig vir jouself te neem. Jy het op n skelm manier by my bankrekening ingebreek en my geld vir jou gevat.

Jy het my eerste salaris gesteel en in die proses my kos en vreugde van my af weggeneem!
Met jou optrede het jy probeer om ook van my n skurk te maak, want nes jy is ek nou desperaat en sonder geld... sien ek is die enigste een wat geld verdien na ons agt maande sonder n inkomste was!
As ek nou geld wil he sal ek dit ook van iemand moet steel... MAAR EK WEIER!

Ek bid elke aand vir jou siel sodat jy kan ophou steel en roof en dat die Here jou sal vergewe vir wat jy aan eerlike hardwerkende mense soos ek doen.
Ek is nie meer kwaad nie ek bid net dat jy nie meer skade met my eerlike verdiende geld sal aanrig as wat jy alreeds gedoen het nie.