Friday, April 23, 2010

Gebed vir myself vir vandag


o Hemelse Vader, ek loof en dank U vir die rus van die nag wat verby is.
Ek loof en dank U vir die nuwe dag wat gebreek het.
Ek loof en dank U vir U eindelose goedheid en trou dwarsdeur my lewe.
U het my so ryklik geseen tot nou toe.
Gee my nou asseblief die moed om ook spanning, hartseer, vrees en siekte te hanteer.
Dankie dat U my nog nooit bo my kragte laat ly het nie.
U laat alle dinge ten goede saamwerk vir U kinders.
Amen

4 comments:

  1. Twee sulke wonderlike beloftes, dat Hy ons nooit bo ons kragte sal beproef nie en dat Hy alles ten goed vir ons sal laat uitwerk. Maak mens opgewonde om te sien wat volgende ....

    ReplyDelete
  2. Helo Sandra, ja Ons Vader is Groot en Goed!

    ReplyDelete
  3. Hi Nims, jy is baie in my gedagtes. Ek bid die gebed saam met jou, vir jou en vir my....vir ons almal..

    ReplyDelete
  4. Dankie Charmaine, dis lekker om van jou te hoor.

    ReplyDelete