Tuesday, July 15, 2008

n Handvol Wense

Omdat my gemoed die laaste tyd nie is soos wat ek graag wil wees nie, lees ek opbouend. So lees ek vroegmore nadat die oom weg is werk toe nie my gebruiklike dagstukkie nie, maar gryp na n boek deur Madelein van Biljon getiteld 'Mevrou jy's lastig'
In die skets gee Madelein op haar kenmerkende, spitsvondige manier n paar wenwense vir vrouens, omdat ons 'so uit ons pad gaan om moeilikheid te soek en ons lewe te bemoeilik!'...

*Mag ons die verstand gegee word om te weet wanneer om ons monde te snoer, en mag die gawe gepaard gaan met die vermoe om stil te bly sonder om dikbek te lyk daaroor.
*Mag ons bewaar word van kwaadwillige skinder. Behoede ons ook van die skielike kwaadword; die hand wat klap voor die oog nog goed gesien het, die tong wat steek voor die oor nog goed gehoor het.
*Laat ons liewer trots wees op ons eie talente, pleks van altyd te hunker na die onbereikbare!
*Mag die gawe ons gegun word om ons eie waarde te besef.
*Mag ons gevrywaar word van jaloersie, die dodelikste van alle emosies. Dit maak alles tot niet; vriendskap, liefde, vertroue,, en nie eers lekkerkry bly oor nie.
*Gee ons die moed vir die onplesierige ook. Die moed is nodig omte beveg, om te handhaaf, om kennis te dra, nie om toegewikkel in n kokon van 'mooi' te hoop dat alles sal regkom as jy anderpad kyk nie. Kom ons kyk n slag na die lelike dinge. En kom ons doen iets om sulke dinge reg te stel.
Hierby wil ek graag n laaste wens byvoeg....
My eie wens...
Ek verlang na, ek begeer liefde. Enige soort. Van man tot vrou, van kind tot ouer, van vriend tot vriend. Want hierin le ons sekuriteit, ons vrouwees. Sonder liefde is ons niks. Mag ons liefde in n groot maat gegun word en ruim hart om dit in n groter mate terug te gee!

Wat anders kan ons hierop se as Amen-

2 comments:

  1. Dis baie mooi. Ek het dieselfde begeerte as jy. Ek kry baie liefde van my seuntjie, maar ek moet bieg en sĂȘ dat ek bietjie liefde van 'n man nou baie sal waardeer. 6 Jaar alleen is 'n baie lang tyd...

    ReplyDelete
  2. Ek het nou heerlik op jou blog gekuier, hou veral van Kola uit 'n klip!!

    Lekker week verder
    Ek sal gereeld kom inloer!!

    ReplyDelete