Tuesday, November 24, 2009

MAAK MY KALM HERE...

Maak my kalm Here, Laat my benoude hartklop tog bedaar...
Kalmeer my gemoed.
Vertraag die dolle pas van my lewe - my lewe, so n klein ratjie in die magtige gang van die tyd...
U sien die spanning wat ek vir niemand anders wil wys nie, die bekommernis oor...
Maak dit stil in my, sodat my siel die musiek van die natuur kan hoor... en die skoonheid daarvan vrede binne in my kan bring-
dat my bewende hande kan saamvou, dat my gespanne spiere kan ontspan.
Help my dat ek weer diep en onbesorge slaap kan geniet, met die wete en die kinderlike geloof dat U sal sorg.
Leer my die kuns om kort-kort tot rus te kom; miskien om n bedinkie blomme te bewonder, om n hond te streel, lekker te sit en lees...
en om te lag en te speel met die wat ek liefhet!
Maak my kalm , Here Jesus...
Laat my opkyk, Here...

3 comments:

  1. Nimsie, dis so lekker om weer van jou te hoor! Maar ek sou so graag wou gehad het dat jou gebed een van lofprysing ná die storm moes wees....en nou sien ek die stormwinde het nog nie gaan lê nie.

    Ai, my vriendin, ek is so jammer. Mag God gou uitkoms gee.

    (Jy is op my daaglikse lysie, hoor. En sommer waar ek nou hier sit.)

    ReplyDelete
  2. Nims dink aan julle en bid vir julle!

    Jy weet jy kan praat ne? Wag vir daai epos.

    Liefde

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi

    Ek bid so baie vir jou. Jy laat my so baie aan myself n ruk gelede dink. Wanneer jy daar is voel jy baie alleen soms en dit voel of niemand hoor of regtig luister nie,maar in daardie stilte is God en Hy sien elke traan en voel al die pyn wat net jy nou kan beskryf.
    Jy is nie alleen nie,as jy terugkyk sal jy sien Hy het jou waarlik gedra.Dis daar waar ek sonder ophou gesmeek het terwyl ek doodsbenoud was, dis daar waar God my stukkies kom optel het en weer aanmekaar gesit het. Ek glo Hy gee ons vir mekaar om mekaar te help net waar ons kan. Ek bid vir jou maar sou so graag meer wou doen! Ek is ook hier vir jou as jy wil praat of as ek iets ander kan doen.
    BAie Baie liefde
    Sonja

    ReplyDelete