Saturday, October 31, 2009

Bid asseblief vir my

Die afgelop tyd voel ek glad nie myself nie, en ek is seker van julle het dit wel opgemerk met my (afgeskeepte) blog inskrywings....
Ek kan nie sê dat ek siek is nie, ek weet net ek voel nie soos ek moet nie - staan sommige dae doodmoeg op en sleep so deur my dag!
Skeep oral goed af... en om die waarheid te sê is ek ook nie veel gesteur daaroor nie.

Die afgelope jaar en n half was/is vir my baie stressvol en ek dink dat ek maar net uitgeput is na liggaam en gees...
Ek weet en bely dat ek soveel het om voor dankbaar te wees maar dit is asof ek net teen die negatiewe bly vaskyk.

Dink asseblief aan my in julle gebede want todat ek myself goed uitgesorteer het sal ek nie bloginskrywings doen nie.
Vir die van julle wat wil kontak hou en nie my e-pos adress het nie - nwlourens@gmail.com

Tot ons weer gesels - God Bless!

9 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Ons bid vir jou wees sterk. "Ek hef my oe op na die berge! Waar sak my hulp(krag) vandaan kom? My hulp (krag) is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Vestig jou oe op Hom en moenie dat die golwe wat om jou slaan jkou laat sink nie.Vertrou net.

    ReplyDelete
  2. Nims

    Wanneer laas was jy by jou dokter? Vir 'n deeglike ondersoek (dis belangrik!) en sommer om jou hart uit te praat teenoor iemand wat nie naby betrokke is nie. Dit kan help perspektief gee.

    Dis nie goed om net te aanvaar dat jy voel soos jy voel, aangesien jy so 'n uiters moeilike tyd agter die rug het nie, vriendin!

    Ag, mag jy 'n oplossing vind.
    Baie liefde, en jy is weer op my permanente bidlysie.

    ReplyDelete
  3. Haai Nims, ek bid vir jou vriendin en my raad is...en ek weet mens haat raad as jy so voel, doen iets baie kreatiefs...teken, dans op die maat van musiek... maak iets. Jy hekel so mooi, wat van 'n gehekelde muurbehangsel...iets wat jou kreatiwiteit regtig uitdaag...liefde

    ReplyDelete
  4. Kyk ASSEBLIEF goed hierna, Nims!

    'n Insiggewende lysie gevind op Helpguide.org:

    Stress:

    * Characterized by overengagement
    * Emotions are overreactive
    * Produces urgency and hyperactivity
    * Loss of energy
    * Leads to anxiety disorder
    * Primary damage is physical
    * May kill you prematurely

    Burn out:

    * Characterized by disengagement * Emotions are blunted
    * Produces helplessness and
    hopelessness
    * Loss of motivation, ideals and
    hope
    * Leads to detachment and
    depression
    * Primary damage is emotional
    * May make life seem not worth
    living

    Liefde
    m

    ReplyDelete
  5. Nimsi,jy is reeds lankal op my gebedslys,ek bid vir jou vir die krag en vrede wat jy nodig het.Ek wens so ek kan meer doen. Ek wens jy het naby gebly,dan het ek vir jou blomme en groente uit my tuin gepluk en sommer net kom hallo se,maar in die gees is ek by jou en ek bid vir jou!

    ReplyDelete
  6. Bid vir jou Nims. Sterkte!

    He 'n lekker week. Liefde

    ReplyDelete
  7. Baie dankie aan almal, ek wardeer julle omgee en liefde!

    Dankie Oom Petrus
    mariki - het nie mediese fonds, en die staatsklinieke hier is n nagmerrie!
    Charmaine, gaan spesiaal vir jou iets maak - maar moet asb nie haastig wees - sukkel om skoonsus se sitkamer goedjies klaar te kry.
    Sonja, dankie vriendin ek wardeer jou.
    Sandra, hoop jy is weer op die been.

    ReplyDelete
  8. Vriendin... skree as ek jou kan kom haal vir n week of so by my, ant Nellie verlang ook.
    Het jy toe reggekom by tand en mond?

    ReplyDelete
  9. ((((Nimsi)))) ek dra jou in my gebede op.

    ReplyDelete