Sunday, November 29, 2009

Tyd


Ons dae is soos identiese tasse waarin sommige mense meer pak as ander. Dit is omdat hulle weet wat om in te pak. Ons almal kry vier en twintig ure, maar nie almal se opbrengs is dieselfde nie...
Die waarheid is: jy bestuur nie jou tyd nie, maar wel jou lewe. Tyd kan nie beheer word nie, dit stap aan, maak nie saak wat jy doen nie.
Niemand, ongeag hoe slim, kan minute uit een dag spaar om die volgende dag te gebruik nie. Wetenskaplikes kan nie nuwe minute skep nie. Al het jy hoeveel geld, kan jy steeds nie ekstra ure in n dag koop nie. Ons praat gereeld van tyd "maak", maar ons kan maar ophou, daar lê nie ekstra tyd rond nie.
Vier-en-twintig ure is die meeste wat elkeen van ons gaan kry. Wyse mense verstaan dat tyd hul mees kosbare kommoditeit is. Gevolglik weet hulle presies hoe hulle hul tyd bestee...
Hulle analiseer hulle tydsbesteding en vra gedurig: "Kry ek die beste gebruik uit my tyd?"

In sy boek "What To Do Between Birth and Death: The Art of Growing Up", skryf Charles Spezanno: Eintlik betaal jy nie vir goed met geld nie, jy betaal daarvoor met tyd.Ons sê so maklik oor vyf jaar sal ek genoeg gespaar het om vir n vakansiehuis te betaal. Daarna sal ek rustiger lewe. Dit beteken dat daardie vakansiehuis jou vyf jaar sal kos, n twaalfde van jou volwasse leeftyd...

Omskep eers die waarde van n huis, kar of enigiets anders in tyd en vra jouself dan af of dit nog die moeite werd is...

7 comments:

  1. Dis so waar vriendin! Ons jaag almal wind na... n Toekoms. Ons moet verdien om te bestaan, en dit verg tyd, en die tyd wat ons opoffer, ontneem ons die genot om te leef! Dis n jammerlike gemors! Maar dit bly elke individu se keuse hoe hy sy tyd bestee...

    Hoop jy voel beter en dat jy spoedig sal hoor van die werk.

    ReplyDelete
  2. Dit wat jy hier se het my nou so laat dink. Dit het my laat wonder hoekom ons so swaar moet kry om ons huis te betaal, is dit die moeite werd?? Ek dink ons bluf onsself.

    ReplyDelete
  3. Thereza,
    dankie vir jou inloer - nog niks van die werk gehoor wag maar geduldig!

    Sonja - lekker om van jou te hoor,mooi week vir jou vriendin.

    ReplyDelete
  4. Hallo Nimsi,
    Ek het nog altyd die gevoel dat die vyand ons so besig hou met die voor die hand liggende dinge dat ons nie tyd kry om by die ewige dinge uit te kom nie. Dit is so waar daar is nie ekstar tyd nie. Ons moet net die tyd wat ons het reg bestuur.
    Sterkte daar vir julle

    ReplyDelete
  5. Dankie Oom Petrus. Hoop alles wel met skoonsus.

    ReplyDelete
  6. Sjoe -- diep waarhede hier oopgebreek. Ons moet waarlik besin oor elke minuut.

    Moedhou en genade vir jou (wat steeds op my gebedslysie se minute is -- net om jou te versterk wil ek dit noem).

    Liefde
    m

    ReplyDelete
  7. mariki, my dierbare vriendin - dankie vir jou gebede jy is kosbaar vir my.

    ReplyDelete