Thursday, March 4, 2010

Toe jy dink ek kyk nie...


Het ek gesien...
* Hoe jy my eerste tekening teen die yskas opsit vir almal om na te kyk, ek was dadelik gretig om nog een te teken.
* Hoe jy n rondloper kat voer, en ek het geleer om liefdevol met alle diere te werk.
* Hoe jy gedurig my gunsteling koek vir my bak, en ek het geleer dat die klein dingetjies so dikwels die spesiale goedjies word.
* Hoe jy n bord kos na n siek vriendin neem, en ek het geleer dat ons na mekaar moet omsien.
* Ek het gesien hoe jy jou verantwoordelikhede nakom, al het jy nie altyd so goed gevoel nie, dit het my geleer dat ek verantwoordelik moet wees en optree as ek n grootmens is.
* Hoe jy elke dag die huis en almal in die huis versorg het, en ek het geleer dat ons dit wat aan ons gegee is moet troetel en versorg.
* Hoe daar trane teen jou wange afloop, en ek het geleer dat wanneer dinge soms seermaak dit doodreg is om te huil.
* Toe jy dink ek kyk nie het ek by jou geleer hoe om n positiewe en produktiewe grootmens te wees...

En nou wil ek sĂȘ: Dankie vir al die dinge wat ek by jou geleer het toe jy gedink het ek kyk nie!

4 comments:

  1. Sjoe -- Nims!!!

    Dankie hiervoor.

    ReplyDelete
  2. Ek kan nie aan n beter woord as "SCARY" dink nie mariki

    ReplyDelete
  3. Dis waar Nims dis scary, want so leer hulle van die voorbeeld...goed en sleg. Wat 'n verantwoordelikheid.. so pragtige inskrywing

    ReplyDelete
  4. Dis waar Charmaine, toe ek hierdie per e-pos ontvang het ek net geweet ek moet dit hier deel. Liefde vir julle daar.

    ReplyDelete