Tuesday, March 2, 2010

Jou Beursie



Wees maar eerlik. God kompeteer met materialisme in meeste van ons lewens...
Outeur John Ortberg skryf: " Soms tydens my optredes, doen ek n klein oefening met mense. Ek vra hulle om hul beursies uit te haal. Dit lyk net soos n stukkie leer, maar in werklikheid is dit die nuwe tempel van die 21ste eeu. Meeste mense glo dat hulle geluk direk gekoppel is aan die inhoud van hierdie klein houertjies, waar die geldgod woon. Ons gee die stukkies leer die mag om ons geborge, sukseksvol en van waarde te laat voel. Dit is vir ons baie moeilik om die stukkie leer prys te gee. Eintlik is die vraag:

Wie is in beheer? Hou jy hom vas of hou hy jou vas?

So, vra ek die mense dan om hulle beursies vir die persoon langs hulle te gee. Op hierdie oomblik het ek skielik almal in die gehoor se volle aandag! Dan kondig ek kollekte - tyd aan. Ek moedig hulle aan om met oorgawe te gee. Op hierdie punt vat almal vinnig hulle eie beursies terug. Dan vra ek mense om vandag te verklaar tot 'genoeg - dag': Wat ek vandag besit - werk, huis, besittings en lewenstyl - is genoeg. Ek vra die mense om vandag op hul kalenders aan te dui as die dag waarop hulle opgehou het om met die bure te kompeteer. Jy sien, dit is nie meer nodig nie, want saam met God wen ons almal!"

Bron: Radiokansel.

4 comments:

  1. Hierdie is 'n groooot waarheid Nims. En die geldgod troon is so magtig omdat die wereld mens se waarde daaraan meet. Dink baie aan jou.

    ReplyDelete
  2. "Saam met God wen ons almal!"

    JA!!

    (Maar Nims, as ek my daardie prentjie voorstel waar almal mekaar se geld mag begin uitdeel....!!)

    ReplyDelete
  3. Ek wonder wat sou gebeur het as hy gese het hulle mag nie die beursies terugvat tot nadat die kollekte opgeneem is nie? :-)

    Geld is 'n lelike ding. Daar is tog een of vier persone wat ek my beursie sal voor gee om geld uit te haal namens my.

    Sterkte dink aan jou!

    ReplyDelete
  4. Hello julle girls, dankie vir die inloer hier by my, en dankie dat julle my vashou in julle gedagtes en gebede!

    ReplyDelete