Sunday, June 13, 2010

Maak my...



Hemelse Vader,
dankie vir die wonder dat ek vrede mag he al woed die lewenstorms rondom my -
dat U my rustig maak te midde van heersende onrus,
dat U die bekommernisse en vrese wat my lewe wil oorheers wegneem
wanneer ek U van hulle vertel.
Dankie vir U vrede wat anders is as die van die wereld omdat dit nie op my omstandighede berus nie, maar van binne kom.
Here, help my om vrede te kan bring waar mense opstandig is. In die woorde van Franciscus van Assisi wil ek bid:
Maak my n werktuig van U vrede sodat ek liefde sal beoefen waar mense mekaar haat;
dat ek wonde sal verbind waar mense mekaar seermaak;
dat ek vergiffenis sal bewerk waar daar stryd is;
dat ek die waarheid sal praat waar leuens heers;
dat ek hoop sal bring waar duisternis oorgeneem het;
dat ek vreugde sal bring waar leed woon.
Amen.

6 comments:

  1. Amen! Ons het onlangs weer na "Brother Sun and Sister Moon" gekyk - Francis van Assisi was 'n uitsonderlike man. Wat 'n toonbeeld van geloof: om alle gemak en rykdom te versaak ter wille van die koninkryk.

    ReplyDelete
  2. Miekie, die rolprent het op my ook n geweldige indruk gemaak...
    Dankie vir jou inloer en n mooi week vir julle.

    ReplyDelete
  3. Dit klink na n mooi fliek waarvan julle hier praat. Die gebed is pragtig!

    ReplyDelete
  4. "Maak my n werktuig van U vrede..." 'n Groot opdrag en hoe baie keer kry die ou duiwel dit nie reg om ons te ontspoor nie!

    In vanoggend se diens het ons weer gehoor hoe ons as Christene 'n aangename reuk moet versprei. Ek wil veral daarop fokus in die komende week.

    Ek ken nie hierdie rolprent nie! Sal bietjie kyk of dit iewers in die hande kan kry.

    ReplyDelete
  5. Sonja - Pragtige gebed en die rolprent is n MOET kyk. Lekker week.


    Thea - En die ou duiwel is veral besig om met my spore te peuter die afgelope tyd hoor... Die rolprent is werklik n moet kyk.

    ReplyDelete
  6. Altwee die boodskappe - joune en Thea s'n was deel van ons studie hierdie week.

    Dankie hiervoor. Liefde

    ReplyDelete