Friday, June 11, 2010

Dit is hier...




Suid-Afrika is in die spervuur! Alle oe vanoor die wereld is op ons mooi land en sy mense gerig!
Orals blaas vuvuzelas, mense dans rond op die maat van Afrika musiek, op die meeste voertuie wapper ons landsvlag en die gees is voelbaar op straat en in winkelsentrums...

Ek doen n beroep op al my vriende in die Geloof, om ons land juis nou met die kollig op ons, in die Gees aan ons Hemelse Vader op te dra en Sy beskerming oor ons te pleit.
Kom ons vat hande en wys aan die wereld dat ons n verskil kan maak. Want die verskil begin by elkeen van ons se harte... en nie by die volgende persoon nie!
Kom ons staan op as trotse Suid-Afrikaners en dra n beeld uit na die wereld wat sal maak dat hulle weer en weer na ons mooi land toe sal wil terugkom...

Feel it - it is here!

5 comments:

  1. Ons kan selfs die vibe hier ver voel. Vir die nie-sokkier-kykers was die telling ook belangrik en almal het daaroor gepraat. Geel hempies was volop :-)

    ReplyDelete
  2. Hi Nims, net gisteraaand het die kinders in my groep by die kerk gebid vir ons land en dat ons 'n goeie beeld sal uitdra en dat die besoekers veilig sal wees... dit was vir my so spesiaal.

    ReplyDelete
  3. Al was die telling gelypop is ons baie trots op Bafana!

    ReplyDelete
  4. Is die atmosfeer nie ongelooflik nie! Was die Here nie goed nie? Al die spanne is groep A trek gelyk na die eerste wedstryd! (Of het S.A. en Mexico meer punte oor hulle elk darem 'n doel gekry het? -Seker nie?) Bafana-Bafana kan goed voel oor die wedstryd - na hulle aan die begin sleg afgesteek het, het hulle tog baie by die M's se doelhok gekuier. En daardie eerste doel was pragtig! En ons doelwagter wat so mooi geduik en bal gevang het! Ek het nie gedink ek sou sokkermal word nie!
    Ek dink die feit dat ons nie verloor het nie, help baie vir die nasiebou wat voor die wedstryd al goed op dreef was. Ek dink dit het al met die Super 14 eindstryd in Orlando stadium begin.
    Maar ja, dit gaan om meer as nasiebou. Ek bid ook dat geen joernalis of besoeker of wie ook al meer beroof of aangerand sal word nie, dat die skares hulle sal gedra en dat al die toeskouers oor die hele wereld positief oor S.A. sal voel... dat die verwagtings wat van die wereldbeker gekoester is, sal realiseer in terme van werkskepping, meer inkomste ens. ens. Mag God se koninkryk hier in Suid-Afrika kom, net soos in die hemel.

    ReplyDelete