Sunday, September 19, 2010

Net n vinnige hallo...

Soos Sandra vanoggend se: besig is goed en ek stem volkome saam...
Ek is regtig baie besig en kom maar bitter min by my rekenaar uit, saans is dit kosmaak, kombuis opruim, broodjies vir die volgende dag regmaak, bad en bed want teen daardie tyd is ek moeg verby.

Dit gaan goed met die maatskappy waarvoor ek werk en my rooster is geweldig vol, ek wonder sommige aande hoe ek deur die dag gekom het en dit nog op tyd. Ons werk volgens n tyd-rooster want die klient betaal per uur.
Dan worstel ek nog tussen kliente met die stads verkeer en ander motoriste se ongeduld... stukkende verkeersligte wat in 4 rigting stoppe verander, en glo my bitter min mense weet wat om dan te doen!

So aan almal wat gewonder het waar ek is - dit gaan goed en besig.
Ek wardeer elkeen wat nog op my blog kom lees en kommentaar los al kom ek nie by julle uit nie ek vergeet julle nie...
Ek en Sandra loop mekaar so van tyd tot tyd op facebook raak en wissel n paar woorde...
Charmaine, dit gaan goed dankie vriendin, ek weet jy verstaan van kom nie by die blogs uit nie.
Cecile, baie dankie vir jou getroue kommentaar en ook jou begrip as ek nie altyd antwoord nie.
Sonja jou blog vra vir my n kode en ek het geen idee wat dit is nie, dankie vir die resepte wat jy gemail het ek het dit ontvang.
Miekie hoop dit gaan goed met jou vriendin.
Zee en ek kuier deesdae op facebook.
Muriel en ek het nog nie by die koffie drink uitgekom nie maar sal verseker nog, sy sal my net eendag in haar tuin raakloop.
Mariekie, meraaitjie ek mis jou vriendin.
Oom perus sien ek gereeld want hy is my man se ouboet, dit gaan goed met hom en skoonsus.
As ek iemand vergeet het vra ek verskoning, julle almal bly in my hart en gebede.

Hou my maar asseblief altyd ook in julle gebede - want soos my prentjie hierbo tereg se; keeping cool in the face of your most difficult customer is nie altyd maklik nie...

Tot ons weer gesels: God bless!

4 comments:

  1. Bly ons kan darem gereeld opvang Nims - ons dink baie aan jou. Bid vir jou en die werk!

    ReplyDelete
  2. Hi Nimsi
    Jy groet darem - ek verdwyn net vir rukke! Ek weet hoe moeilik dit is om gereeld te blog. Deesdae wil ek nie eers fotos neem nie, want dit beteken aflaai en uitsorteer en blog.... hoe sad is dit!
    Baie sterkte met die besige werk en die VERKEER! Ek het nou skoolvakansie vir 'n week! Saligheid op note, maar daar is soveel om te doen!
    Ek hoop jy kry kans om gou weer te blog, want jou inskrywings is regtig inspirerend vir ons almal en jy moet asb. nie heeltemal ophou nie!!
    As jy ooit 'n lafenis vir die siel soek, kom kuier 'n bietjie hier op die plaas - die koppie is 'n plek van rus en seën.

    ReplyDelete
  3. Nims dankie vir die blog drukkie jong en ja ek kom ook maar min op die blogs ui. So lekker om te hoor jy is besig..dis goeie nuus:-)

    ReplyDelete
  4. Hi Nimsi
    Vanmiddag het ek skielik na my blogging en blogmaats verlang en was dit nou lekker om hier te lees.

    Ek is so bly dit gaan goed met jou. En ja, eendag gaan ek en jy hier in my tuintjie 'n lekker tee en feetjie cupcakes geniet!!

    Liefde

    ReplyDelete