Sunday, September 12, 2010

Ek glo...

...aan die LIEFDE
Die geloof het ek nie van n predikant of teoloog ontvang nie, maar van die wonderlikste mens wat ek nog ontmoet het, my pa.
Ek glo in God soos n blinde aan die son glo,
nie omdat hy dit sien nie, maar omdat hy dit voel.
Ek beleef die misterie elke dag diep in myself en in alles wat my omring.
As ek n mens sien, al is dit n gebroke mens,
dan glo ek in n wese wat groter as die mens is...
Ek glo aan die inherente goedheid van die mens
soos ek glo
aan die lente wanneer ek die lentebloeisels sien.

3 comments:

  1. Dis baie spesiaal Nims. Hey, ek dink so baie aan jou. Ek hoop dit gaan sommer baie goed met jou. Liefde!

    ReplyDelete