Ek het n buurvrou gehad met n klein tuintjie wat sy liefderyk versorg het. Sy het besonder gehou van n paadjie wat met rankrose oordek was. Ek het haar op n slag geterg omdat ek haar altyd met n snoeisker in die hand aangetref het waar sy besig was om verwelkte blommetjies weg te knip.
Toe sien ek haar op n dag sonder die sker. "Wat is aan die gang?" vra ek haar toe. Sy het geglimlag: Jy behoort my te begryp, omdat dit eintlik jy is wat my laat insien het dat my jag op verwlkte blomme risiko's inhou.
Ek was al so behep daarmee dat ek omtrent net die verwelkte blomblare raakgesien het. Ek was so gefassineer deur die klein skoonheidsfoutjies dat die skoonheid van die geheel my skoon ontgaan het...
Sjoe Nimsi! Sonder snoei kan daar nie skoonheid wees nie, maar ja, om te veel op die foute te konsentreer sal verhoed dat 'n mens die skoonheid raaksien. Wat 'n kosbare les! Vandag wil ek fokus op die positiewe en die mooi rondom my, instede van die lelik wat ek moet wegsnoei. (Miskien gaan die lelik vanself weg?? Ander dag se probleem.)
ReplyDeleteWou nog sĂȘ, dis goed om weer van jou te hoor. Jy inspireer my.
ReplyDeleteHallo Miekie, altyd lekker as jy kommentaar los hier by my, dit inspireer weer vir my en ander lesers...
ReplyDeleteInderdaad is dit baie nodig om te snoei, om die dooie goed en die kwaad te verwyder, maar laat ons intussen ook dit wat skoon en goed is bewonder.
Rose is my gunsteling blom en al is daar verwelktes in n bossie bly dit vir my mooi.
So waar Nims!
ReplyDeleteHi Nims, is dit nie vreeslik waar nie. En hoe meer mense net die foute raak sien, hoe swakker raak die selfbeeld en hoe groter die strewe na perfeksie wat mens later aan heeltemal kan laat opgee. Ek neem dit as 'n les vir myself ook dat mens die mooi in ander raaksien en komplimenteer... iets soos "stop and smell the roses?"
ReplyDelete