Sunday, November 7, 2010

Mense



Ek word hoe langer hoe meer geboei deur mense.

Mense is n daaglikse avontuur - n Avontuur wat my daagliks meer verwonderd laat, nie alleen oor die liggaam wat jy kan sien en aanraak nie, maar veral oor die ondeurgrondelike misterie dat jy in so n wonderlike verpakking baie naby kan kom en tegelyketyd tog oneindig ver weg en onbereikbaar bly...

Natuurlik is daar die glansmense in die lewe deur wie jy moeiteloos kan sien en natuurlik is daar die gesigloses wat by jou verby haas asof hulle aangetrek word deur n geheimsinnige mag wat hulle geen rus meer laat nie. Dit is mense sonder geskiedenis, sonder diepte in hulle lewe. Van hulle begryp ek baie min, en tog ken ek van hulle en sou ek hulle nie kon ontbeer nie. Hulle is mense. Hulle het my nodig en ek het hulle nodig.

Mense met vraende oe en gespanne gesigte. Mense wat ly. Mense wat wanhopig is, wat verbitterd is tot in die murg van hulle gebeente. Mense wat nie meer in staat is om van enigiets in die lewe te geniet nie. Mense wat nie meer lewe nie, maar hulle bly deel van jou leefwereld.

En dan is daar die mense wat vir jou stof tot nadenke is. Mense wat vir jou blydskap bring, wat jou laat lag, mense wat bly is om jou te sien en dit ook vir jou se.
En die baie goeie eenvoudige mense met n verborge, onbegryplike rykdom in hulle harte...
WAT N FEES OM ONDER SULKE MENSE TE WEES!

4 comments:

  1. Hi Nimsi
    Goed om van jou te hoor. Jou inskrywing laat my dink aan:
    Mat 25:42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling... naak... siek ... in die gevangenis...
    Ons het sooo 'n groot verantwoordelikheid teenoor ons medemens. Ek maak so dikwels of ander nie bestaan nie, want dis geriefliker so.
    Watter soort mens is ek vir ander? Gesigloos, sonder diepte? Dankie, Nimsi, soos altyd laat jy 'n mens dink!!

    ReplyDelete
  2. Hi Nims... so lekker om die inskrywing te lees en ja, as ons wil daar wees vir mense en lig in mekaar se lewens indra, moet God se lig in ons wees. Sonder Hom is dit onmoontlik en dan trek die bitterheid lyne oor ons gesigte en verdof ons oe... ek stuur vir jou 'n vriendelike glimlag vandag en 'n warm groet...

    ReplyDelete
  3. Huiswerkie vir jou - as jy lus het. Loer by my kuierwerf. (Terwyl jy nou mense kyk....:) )

    ReplyDelete
  4. Sjoe ja ek het so lanklaas geloer dat dit weer vir my heeltemal te interesant hier by jou was. Dankie jong dit gee my baie insperasie.

    ReplyDelete