Saturday, January 7, 2012

Engele...



As kind het ek ure gesit en kyk na die prentjies van Engele in ons ou groot kinderbybel... meeste van hulle groot, sterk mans met enorme vlerke... my verlustig in die verhale waar hierdie Goddelike wesens aan mense verskyn het, altyd so n lekker gevoel op my maag gekry oor al hulle goeie dade aan die arm, siek en eensame mense, en met n sug gebid... Liewe Jesus, stuur vir my ook asseblief n Engel...

Die afgelope twee jaar was moeilike tye vir my en manlief, maar in die swaar tyd het my pad met verskeie Engele gekruis... my Engele is nie net manlik nie en het ook nie vlerke nie, maar hulle is Engele in die ware sin van die woord.

Gewone mense wat jy straks nie eers sal raaksien as hulle in die straat by jou sal verbystap nie... Mense wat stilweg Liefde betoon, sonder ophef vir jou n brood of stukkie vleis sal gee, van die ander kant van die aarde af vir jou kruideniers by jou deur laat aflaai... splinternuwe meubels in jou sitkamer kom staanmaak, omdat jy joune moes verkoop om te oorleef, n medewerker wat stilweg vir jou n vleispasteitjie koop omdat sy agterkom dat jy nie broodjies werk toe bring nie... n blogvriendin wat n geldjie stuur vir brood en melk...


Liewe Jesus, baie dankie dat U my kinder droom om eendag n Engel te ontmoet laat waar word het!

2 comments:

  1. Lekker om weer hier te lees Nims :-). Mooi jaar vir julle met baie blessings! Liefde

    ReplyDelete
  2. Hello Sandra, bly om te sien daar darem nog iemand wat hier lees... wil hierdie jaar probeer om weer gereeld hier te kom inval. Baie voorspoed vir julle ook in die nuwe jaar en sterkte aan Sussa vir die Universiteit.

    ReplyDelete