Monday, April 7, 2008

Klappe

Op versoek geskryf deur die oom se ouboet
Johan Lourens
Aan almal wat met hierdie klappe sukkel; en glo my daar is baie.
Ek self kon nie hieroor skryf nie omdat ek nog my lewe lank sukkel met hierdie klap...


Die lewe deel so maklik klappe uit aan al ons ou mensies, klappe wat nie rooi merke of blou kolle agterlaat nie, maar klappe wat geestelike letsels los wat ons regdeur ons lewens met ons saamdra. As kind of volwassene kry ons dalk n paar van hierdie klappe wat so n letsel los dat ons eendag wanneer ons getroud is hierdie letsels oordra aan ons kinders. Omdat ons seer het, wil ons andere ook seermaak. Partykeer is ons nie eers bewus daarvan nie maar ons saal hulle op met ons letsels wat hulle nie mooi verstaan nie, hulle weet nie hoekom nie en belewe dit as daar word op my neergesien.
Ek kan niks reg doen nie, daar is geen verhouding tussen my en my ouers nie. Ons kommunikeer nie met mekaar nie...

As pa by die huis kom, knor hy net vir almal en gaan sit voor die sillybox of lees sy koerant. As ma by die huis kom knor sy vir almal en kla dat sy ook n vol dag se werk doen en nou moet sy kom kos maak, huis aan die kant maak, knorrende pa gelukkig hou, die kinders stil hou dat hulle nie dalk vir pa pla nie, kyk dat hulle huiswerk gedoen is...

Daar word geen kwaliteit tyd met die kinders deurgebring nie. Die sillybox neem so n sentrale plek in die huis in dat almal vasgenael vir die eenoogmonster sit en kyk. almal verwerp almal terwille van die sepies, realiteitsprogramme, sekstonele en al die ander gemors wat voor jou afspeel. Partykeer is dit die gevegte tusse pa en ma wat die norm van kommunikasie in die huis word. Dit word aangehoor deur die kinders en laat hulle onseker en verwerp voel.

Ook om jou kinders hande vol geld te gee om hulle onder jou voete uit te hou kan nie die plek van tyd saam met hulle deurbring inneem nie. Dit maak ook nie dat daar n goeie verhouding tussen julle gekweek word nie. Aandag en liefde en belangstelling in sy doen en late, dit is wat n kind verwag en op floreer.

Ons kinders is nie totaal onskuldig aan die swak vehoudings wat daar bestaan nie. Hulle is rebels, word beinvloed deur maats, want die groepsdruk op die hedendaagse kind en jongmens is ontsettend groot, kommunikasie tussen mekaar veroorsaak dat maats die een teen die ander afspeel. So kom ons kinders met vooropgestelde idees by die huis aan en verwag dat daar n utopia by die huis moet wees... 'witch is true'.
Huis, ouers, boeties, en sussies almal en alles saam behoort die utopia te wees vir n huisgesin.
Daar is egter een belangrike voorwaarde en dit is dat almal saam moet werk om daardie utopia te skep, dit is nie maar sommer outomaties daar nie.

Wat doen ons nou as ons almal met letsels uit ons verlede by mekaar uitkom en ons het kinders aan wie ons letsels toegedien het? Waar begin ons en hoe begin ons om daardie utopia te bou?
Deur niks te doen nie gaan dit nie ons saak verbeter nie.
Daar moet iets daadwerklik gedoen word dit help nie aan te karring soos huidig nie, verhoudings sal net verder vertroebel word. Dit help ook nie om net op n hopie te gaan sit en 'sulk' oor die probleem nie. Daar moet genesing kom voordat verhoudings kan verbeter.
Ons moet met mekaar kommunikeer en werklik met mekaar gesels die een moet luister wat se die ander en ons moet begrip vir mekaar se probleme he. En eers wanneer ons ons innerlike leeg gemaak het teenoor mekaar en gehoor en geluister het wat die ander een se kan ons saam begin om n nuwe verhouding van voor af te begin.

Maar as ons gedink het ons kan dit op ons eie doen, dan maak ons n baie groot fout.

Die groot geneesheer, die liefdevolle Jesus moet n intergrale deel van ons lewe wees. Hy wil ons lewe en lewe in oorvloed skenk. Sonder Hom is ons nie in staat om te lewe nie. Hy het nie verniet vir ons sondes, ons siektes en ons probleme aan die kruishout gesterf nie. Hy het geweet van al hierdie probleme wat ons het en gaan kry en daarvoor voorsiening gemaak.

Ons gaan egter met oogklappe deur die lewe, in alle waarskynlikheid omdat geen komunikasie met ons ouers oor godsdiens en die waarhede van die bybel was nie, en daarom ook geen komunikasie tussen ons en ons kinders oor die saak is nie.

Wat hersel verhoudings?
Liefde, liefde en nogmaals liefde. Die groot opdrag is dat ons die Here moet liefhe met ons hele hart en siel en ons moet ons naaste liefhe soos onsself. Die liefde moet onvoorwaardelik wees. Maak nie saak wat gebeur het nie; hier word nie gepraat van liefde tussen man envrou of nooi en kerel nie. Ek praat van die Goddelike Agape liefde. Die liefde soos ons in 1Kor 13 daarvan lees, wat alles verdra en vergewe en nie opgeblase is nie. Ons kan nie met haat in ons harte rondloop nie nou wel miskien nie openlik nie...
Hoe kan ons ons kind verwerp omdat hy/sy iets gedoen het wat vir ons onaanvaarbaar is?
Hoe kan ons ons ouers verwerp omdat hulle dalk so vasgevang is in hulle eie probleme dat hulle nie aandag aan my kan gee nie...

Ma, is die verhouding met jou dogter vir jou belangrik?

Pa, is die verhouding met jou seun vir jou belangrik?

Dogter, is die verhouding met jou ma vir jou belangrik?

Seun, is die verhouding met jou pa vir jou belangrik?

As dit is... dan moet ons oor die generasiegaping uitreik na mekaar, en mekaar verseker van ons respek en liefde vir mekaar. n Liefde wat net moontlik is deur die genade van die kruisdood van Jesus Christus.

In 2Kron 16:9 staan daar, want die Here se oe deurloop die hele aarde opsoek na die mens wat Hom liefhet, sodat Hy daardie persoon kan help en ondersteun.

Pslm 55:1-6 Dawid is in groot nood hy weet nie herwaarts of derwaarts nie.

VOEL JY OOK SO?

DAAR IS NET EEN ANTWOORD...

Pslm55:17- Maar ek roep God aan...
Pslm55:23- Werp jou sorge op die Here...
Dit wat jy nie by die mense kan kry nie dit sal die Here vir jou gee. Die Here verseker jou dat hy jou nooit sal begewe of verlaat nie.
God is ook nie n mens dat Hy sal lieg nie.

As die Lewe jou raakgeklap het, kan jy nie met n wrok in jou binneste loop nie.
Spreek die persoon vry wat jou seergemaak het.
As daardie persoon dalk nie meer lewe nie, skryf aan hom/haar n brief en se daarin wat jou seergemaak het, hoe jy gevoel het. Se vir die persoon dat jy hom/haar vergewe vir dit wat aan jou gedoen is en vra omverskoning vir jou aandeel in die situasie.
Spreek die persoon vry en gaan aan met jou lewe.
(verbrand die brief of skeur dit op)

No comments:

Post a Comment