Saturday, April 5, 2008

Bekommerd

Een van die groot siektes van ons tyd is bekommernis.
Om te worry, so dink mense, los probleme op.
Die waarheid is egter dat jy nie n enkele probleem oplos deur jou te bekommer nie.
Jy kom glad nie nader aan n oplossing deur nagte deur wakker te le en stres nie...

Maar nou is n ander waarheid, dat daar min dinge in die lewe is waarvan jy vandag seker kan wees.
Alles is onbestendig, onstabiel of onseker.
Die meeste dinge in die tegnologiese eeu waarin ons leef, verander vinniger as die weer.
Wie weet nog wat is n tikmasjien? of n platespeler?

Kom ons kyk maar net na die alledaagse lewe:
Mense verloor daagliks hulle werk, afgestudeerde jongmense kry nie werk nie, rentekoerse en wisselkoerse is onstabiel, om nie eers hier te begin praat oor die brandstofpryse nie!
Selfs in sport verander die reels en kriteria vir spankeuses gedurig...
Ja, die wereld word voorwaar gekenmerk deur onsekerheid en onstabiliteit!
AS DIE HUIDIGE SO ONSEKER IS, WAT VAN DIE TOEKOMS?

Maar nou het ons hierdie wonderlike troos dat dit nie God se wil is dat ons beangs, vol vrees of vol bekommernis deur die lewe moet gaan nie.
Hy is altyd by ons en daaraan kan ons vashou in elke situasie.
Kom ons hou in hierdie tyd van bekommernis en onsekerheid vas aan die waarheid dat ons nie na ons omstandighede moet kyk nie, maar na God wat baie groter is as ons omstandighede!

HERE DANKIE DAT U MY BRON VAN VREUGDE, BLYDSKAP EN GELUK IS.
DIT IS DINGE WAT GELD NIE KOOP NIE.
DANKIE DAT U IN AL MY BEHOEFTES VOORSIEN.
VERGEWE MY ASSEBLIEF OMDAT EK SOMS SO N KOMMERKOUS IS.
AMEN

1 comment:

  1. Nimsi, Ek is so bly ek het op jou blog afgekom, baie lekker lees goed!

    Groete

    ReplyDelete