Monday, September 8, 2008

Maar net een talent

Ek is so geneig om myself met ander te vergelyk wat meer talentvol as ek is.
So n vergelykery maak my gewoonlik of meerwaardig of bitter!
Dit het moed gekos om te erken dat ek eintlik heel gemiddeld is.
Ek het n vreeslike probleem met my skryfwerk. Ek moet nog die feit verwerk dat ek nooit n groot skrywer sal wees nie...
Wanneer ek van die groot skrywers hier in die blog wereld se werke lees, het ek elke keer so minderwaardig gevoel, dat ek gedreig het om nooit weer naby hierdie ding te kom nie!

Todat ek die saak vir myself uitgemaak het:
Daar is bitter min mense wat werklik geniaal is. Die grootste gros van ons het maar een talent gekry!
Die Engelse skrywer Madeleine L'Engle skryf in haar boek Walking on Water:
'The important thing is to recognise that our gift, no matter what the size, is indeed something given us, for which we can take no credit, but with which we may humbly serve, and, in serving, learn more wholeness, be offered woundrous newness'

Hemelse Vader,
dankie dat U nie een van U kinders oorgeslaan het toe U vir ons talente gegee het nie.
Vergewe my dat ek baiemaal ontevrede is omdat my talente nie so groot soos ander mense s'n is nie.
Dankie dat ek vandag vir die eerste keer besef dat my talent n gawe van U is waarvoor ek geen krediet mag neem nie.
Gee dat ek nooit daarop sal roem nie, maar dit altyd sal gebruik om U te dien.
Amen

1 comment:

  1. Ek lees maar nog net 'n halfuurtjie hier, en kon reeds agtergekom dat jy meer as gemiddelde skryftalent het! En ja, die Here het ons gemaak om (tot Sy eer) diensbaar te wees met wat ons het en wie ons is -- en jy klink na 'n pragtige en diep mens!!

    ReplyDelete