Monday, September 15, 2008

Wit armoede

Woon ek en die oom mos tot baie onlangs nog in die stad, en daar het die omvang van wit armoede my soms verstom en ander kere in trane gehad.
In die afgelope paar jaar het daar sowat 38 wit nedersettings in en om pretoria verrys.
Ek het breed hieroor gaan nalees en op my eie n bydrae probeer maak deur n skenking of twee...

Een van die swaarste tydperke in die Afrikaner se geskiedenis was sekerlik die 1930's. Armoede was wyd verspreid en daar is geraam dat meer as 300 000 wittes onder ernstige armoede gebuk gegaan het.
Die wereldwye depressie het tot in die hartjie van Suid-Afrika deurgesyfer en grootskaalse wanhoop tot gevolg gehad.
Meer as 70jaar later staar wit suid afrikaners selfs n ernstiger krisis in die gesig-een wat groot ooreenkomste met die groot depressie toon.
Hulle woon op die randjies van die samelewing, gewoonlik weggesteek uit die openbare oog. Hulle opleidingsvlakke is meestal laag, wat uiteindelik tot die armoede kringloop bydra.

"Today 430 000 whites, of a total white population of 4.5 million, are too poor to live in traditional white areas," het prof lawrence Schlemmer al drie jaar gelede aan die Mail and Guardian gese. Volgens hom word die probleem waarskynlik onderskat en is die bestaande statestieke onbetroubaar en oud.

Wit armes is mense wat hard geval het; platgeslaan deur die lewe. Praat jy met hulle, is hulle oe leeg. Daardie glinstering van menswees is nie meer daar nie. Die bietjie selftrots wat hulle miskien vroer gehad het is daarmee heen!
Kos op die tafel en n dak oor die kop is twee van die mens se mees basiese behoeftes. Tog wakker die huidige prysstygings en hoer lewenskostes asook die drastiese brandstofverhoging en die elektisiteitskrisis vrees by talle aan.

Wit armoede is waarskynlik die enigste soort armoede in die wereld wat nie polities korrek is nie en waaroor daar nie gepraat mag word nie, maar die stilte oor armoede moet verbreek word!

n Mens sou verwag dat maatskaplike besteding op wittes geleidelik sou toeneem soos armoede onder wittes toeneem, maar die teendeel is waar! Maatskaplike besteding het ook n raskleur begin kry!

Die mees onlangse navorsing wat ek onder oe gehad het toon dat byna 50% van alle Suid Afrikaners in relatiewe armoede leef!

Ons almal het n morele plig om teen armoede... ook wit armoede te veg!

1 comment:

  1. Nimsi jy raak hier 'n baie belangrike ding aan.

    Dit is ongelooflik hartseer - daar is ontsettend baie wittes wat vreeslik swaar kry. Soveel so dat hulle regtig nie weet waar die volgende ete vandaan gaan kom nie. En hieronder tel bejaardes en mense wat nog klein kindertjies het. Mense verloor hulle werk, daar is nie werk nie. Sommiges verdien te min om vir die dak oor die kop en die kos ook te betaal.

    Ek probeer help waar ek kan, maar dit is nie genoeg nie!

    Ek moet sĂȘ Solidariteit help darem ook baie!

    Waar gaan dit eindig?

    ReplyDelete