Sunday, May 30, 2010

Beplanning vir die week...

Maandag: Here, Help my om vandag al my selfsugtigheid en eie wil weg te was, sodat ek U die res van my lewe met nederigheid kan dien.




Dinsdag: Here, stryk vandag al die plooie, wat deur die jare versamel het, uit my gees sodat ek net die mooi in ander sal sien.








Woensdag: O God, Help my dat ek sal regmaak waar ek ander te na gekom het.




Donderdag: Heer Jesus, help my om met die stoflap van U GENADE die klein sondetjies, wat in my hart skuil, weg te vee en skoon te maak.





Vrydag: O God, gee my asseblief die wysheid om die dinge te koop wat nodig is nie wat ek begeer nie, omdat ek weet Here, geen aardse skatte weeg op teen dit wat in die Hemel wag nie.





Saterdag: Help my, my Vader om die vrugte van die Gees: Liefde, Vriendelikheid, Hulpsaamheid, Sagmoedigheid,Getrouheid en Selfbeheersing aan my naaste voor te sit.






Sondag: O God, ek het my huis vir U voorberei. Kom woon asseblief daarin sodat ek die res van my lewe in U teenwoordigheid kan deurbring.

7 comments:

  1. Goeie "diensrooster" Nims :-)

    ReplyDelete
  2. Veral Woensdag se regmaak het my getref.
    Ek het vanaand kaste reggepak en afgekom op 'n "Evaluation" van my by 'n vorige werk - ek het eers glad nie die positiewe dinge gelees nie, en net gefokus op die negatiewe kommentare - en van vooraf die seer en verontregting beleef wat ek toe beleef het... in plaas daarvan dat dit my laat besin het, hoe ek my optrede moes (moet) verander om ANDER nie nagekom te laat voel nie! Jou inskrywing laat my dink!

    ReplyDelete
  3. Ai Nims dit is al wat ek nodig gehad het om my ou menslike oegies oop te maak. My man vra my nou die dag wat is dit wat oor my lewe geloop het, want ek is 'n ander mens, en wee jy nou kan ek vir hom jou blog wys en se " dit is wat my verander het" DANKIE HERE DAT EK NIMS SE BLOG ONTDEK HET.

    ReplyDelete
  4. Hi Nims, jy weet nie hoe naby die was aan my eie regte skedule vir die week in Suid Afrika nie en hoe verlang ek huis toe nou. Hier is Vrydae en Saterdae wasdae en strykdae en Sondae afstof dae... ook is Vydae naby ons Pappa wees dag want dis mos eintlik Sondag... en Sondag is eintlik Maandag en noudat ek jou lekker deurmekaar het.... :-)) dink aan jou vriendin en dankie vir die sinvolle inskrywing

    ReplyDelete
  5. (((Sandra)))

    Miekie- Lekker om weer van jou te hoor vriendin.

    (((Thea)))

    Is ne - Sonja.

    Cecile - Jy is baie welkom! Lekker week verder.

    (((Charmaine))) Sjoe ja - dit was seker n groot aanpassing - so onderstebo week.

    ReplyDelete