Monday, August 9, 2010

Elke Tree



Elke tree skets n verhaal.
Van waar ons was en waarheen ons wil gaan.
Soveel beloftes binne my.
Maar daars net Een wat regtig ewig bly!
Ons loop n pad van hartseer soms...
En as ons terugkyk weet ons wat dit kos.
Maar die lewe stop nie, dit gaan aan
Want ons maak staat op sy Naam!
Op hierdie vrouedag wens ek jou voorspoed met elke tree
Mag elke voetspoor duidelik uitroep...
Daar is n beter pad vir jou en my
n Pad van lig wat na sy troon lei...
Die lewe deel jou net een hand
En dis die Vader wat ons vuur laat brand
Verlore tog was ek en jy
maar terug na Hom is waar Sy liefde lei!

Geniet Vroue dag.

6 comments:

  1. Jy laat my skaam kry! Vandag was dit vir my net 'n vakansiedag - het vrouedag nie 'n tweede gedagte gegee nie! Maar watter gawe is nie om te kan LEWE nie? En om nogals as 'n vrou te kan lewe! Meer nog: om te kan lewe met 'n heerlike ewige toekomsverwagting! Om die voorreg te hĂȘ om in die Lig te mag wandel. (En dan kan ek so tyd mors - ek is seker dis nie waarvoor ek lewe as 'n vrou geskenk is nie!)

    ReplyDelete
  2. Hello liewe Nimsi

    Pragtige stukkie skryfwerk en so waar. Hoop jy het ook jou vrouedag geniet.
    xoxo

    ReplyDelete
  3. Hello Miekie, lekker om jou weer hier te he. Gaan maar baie dol hierdie kant ook en ek kry min tyd vir blog.



    ((((Muriel))))
    Ek moet moet moet n tydjie maak vir koffie vriendin.

    ReplyDelete
  4. Dit is so pragtig! Ek hoop jou dag was baie spesiaal en aangenaam!Jy verdien dit!

    ReplyDelete
  5. Dit is baie mooi....ek het met my vroue dag plat in die bed gele met griep.

    ReplyDelete
  6. Ons was in verre lande op vrouedag, maar wel as voue saam baie pret gehad. Dink aan jou Nims en ja, ons hou aan ons Groot Pa vas want dan alleen kan ons die pad loop. Liefde vir jou

    ReplyDelete