Saturday, August 7, 2010

Salarisdief...




Jy het my privaatheid ingedring deur my geld onwettig vir jouself te neem. Jy het op n skelm manier by my bankrekening ingebreek en my geld vir jou gevat.

Jy het my eerste salaris gesteel en in die proses my kos en vreugde van my af weggeneem!
Met jou optrede het jy probeer om ook van my n skurk te maak, want nes jy is ek nou desperaat en sonder geld... sien ek is die enigste een wat geld verdien na ons agt maande sonder n inkomste was!
As ek nou geld wil he sal ek dit ook van iemand moet steel... MAAR EK WEIER!

Ek bid elke aand vir jou siel sodat jy kan ophou steel en roof en dat die Here jou sal vergewe vir wat jy aan eerlike hardwerkende mense soos ek doen.
Ek is nie meer kwaad nie ek bid net dat jy nie meer skade met my eerlike verdiende geld sal aanrig as wat jy alreeds gedoen het nie.

6 comments:

  1. Nimsi ek is so jammer om te hoor wat gebeur het.Ek bid vir julle!

    ReplyDelete
  2. Hi Nimsi! Jammer om te hoor van die diefstal. Dit het ook met iemand by my man se werk gebeur en die bank het die geld aan hom terug betaal.

    ReplyDelete
  3. Ai Nimsi, mag die sonkant nou vir jou draai.

    ReplyDelete
  4. Dis baie baie sleg Nimsi ons bid vir julle. Hoop julle kry dit terug. Liefde

    ReplyDelete
  5. Hallo Sonja, Thea, Huisvrou, Sandra

    Die bank en Polisie is besig om die saak te ondersoek, dit neem glo tussen 3 en 8 weke en eers dan sal ons weet of ons enigsins die geld sal terugkry. Hierdie was n taai klap vir my en ek sukkel maar nog steeds om dit te verwerk. Maar God is so goed vir ons. My seun het my woonstel huur betaal, Oom Petrus en skoonsus het al die pad van Rustenburg gekom en kom kruideniers koop en my Jarelange vriendin Theresa het tussen haar medewerkers en haarself vir ons R700.00 ingesamel.
    Dankie vir julle omgee, gebede en bemoedeging. Lief julle almal.

    ReplyDelete
  6. Hi Nims, Ek sal weer bykom met die blogs. Ek het darem kontak gehou met wat gebeur en jy weet ek dink aan jou vriendin. Liefde

    ReplyDelete