Tuesday, August 31, 2010

Gebed van n ouer.



Ek is so moeg van wakker le en wroeg...
My hart is vol kommer oor my kinders se toekoms
Toe hulle klein was
Kon ek hulle teen my vasdruk as hulle seerkry
En pleisters plak en spoeg aansmeer
Todat hulle weer lag.

Nou is hulle groot en hulle seerkry is anders
Ek kan hulle nie meer vasdruk nie
Ek voel so magteloos
Ek kan niks meer vir hulle doen nie

Ek kan maar net vir hulle bid en hulle aan U opdra
GROOT KONDUKTEUR
Ek laat hulle vanaand op U trein
Neem hulle asseblief saam met U op reis

Laat my rustig aanvaar dat ek nie meer kan saamgaan
En neem sommer my bagasie van skuldgevoelens
Waaraan ek so swaar dra ook met U saam

Ek dank U dat U hulle eintlike Vader is, hulle Bloedpa
Dit, omdat U seun hulle met sy bloed gekoop het
Lig U hande seenend oor my kinders Here
En laat hulle opkyk na die hande wat hulle seen

Laat hulle hulle name onuitwisbaar sien in U handpalms
En laat U bloed wat daaruit vloei hulle reinig van alle -
Ja regtig alle sonde

Ek wuif vir hulle terwyl U met hulle verder
Op hulle lewensreis vertrek
Dankie tog Here, dat ek kan weet
U is hulle Redder - ek dank U daarvoor
AMEN

4 comments:

  1. As ons net wil leer dat ons nie hoef te kommer as ons Hom gevra het om met ons kinders te wees nie. Dankie Naomi

    ReplyDelete
  2. Ja nee Nims, dit is die grootste bekommernis wat 'n ma nog kan he, en dit is maar al wat ons kan doen is om hulle op Onse Groot Vader se trein te sit.

    ReplyDelete
  3. Jip, as hulle nie meer onder ons vlerke is nie, kan ons maar net vir hulle bid né! Bid en vertrou!

    ReplyDelete
  4. Woorde so uit my hart! As 'n mens hulle nie meer kan toegooi onder 'n kombers nie, word 'n mens se bekommernisse net meer! So dankbaar dat 'n mens hulle aan hulle eintlike Vader kan toevertrou.
    'n Niggie van ons is besig met die laaste "highway" - sy het opdrag van die Here ontvang om van al die fisiese uithoeke van die aarde kontak te maak met Christene en klippe van hulle te ontvang, wat sy dan weer na Jerusalem toe vat. (Rom 8 - skepping wat uitsien na die koms van the sons of man.) Ek is 'n bietjie duister oor die presiese opdrag, maar in alle geval, sy was al 'n rekordgetal lande: eers van Kaap Agulas oor land, met publieke vervoer, deur oorloggeteisterde lande, tot in Jerusalem. Daarna van Lapland, dwarsoor Rusland.... Van Groenland, via Ysland,... VAn Alaska tot suid van Chili, Noord-AFrika, van New Zeeland, Australia, Indonesie ens. tot in Pakistan, en nou die laaste been Afghanistan, en ander stanne, China, Pakistan... Eers het ellende die lande getref net nadat sy daar was bv. Ysland en die aarbewing in Chili, maar die laaste twee toere terwyl sy in die land is bv. die opstande in Thailand en die vloede in China en Pakistan - en dwarsdeur dit alles kry ons net SMS op SMS: Praise the Lord...sy is veilig oor die grens, sy het kontake met die kerk gemaak, sy het betyds haar visum gekry ens. ens. Dit verbaas ons nie meer nie! Sy is in die VEILIGSTE hande wat daar kan wees. Sy sal oormore in Jerusalem aankom. Ek kry sommer hoendervleis!
    (Skuus vir die lang kommentaar, maar jou pos oor die lewenstrein het my aan haar laat dink.)

    ReplyDelete