Sunday, August 29, 2010

Dankie




Wanneer groot en wonderlike dinge in my lewe gebeur, voel dit altyd vir my dat Dankie so n ou afskeep woordjie is...

Ek moes die afgelope tyd soveel keer dankie se:
Die jaar tot dusver was baie baie moeilik, maar ek wil graag vanoggend hier stilstaan en met julle deel die wonderwerke wat in my lewe plaasgevind het in hierdie swaar en soms donker tye...

Eerstens het ek nie regtig woorde om God se groot Genade aan ons betoon te beskryf nie. My klein woordeskat beskik nie oor groot genoeg woorde daarvoor nie.
Daarom kan ek net met groot nederigheid my hoof buig en met n opreg dankbare hart - Dankie Vader se!

Ek wil en kan regtig nie een persoon bo n ander hier uitsonder nie, want ons is deur die bank eerstens met LIEFDE bedien hierdie jaar. Want as jy nie Godelike Liefde het nie kan jy nie Genade aan iemand betoon nie... as jy oordeel is daar geen tyd om iemand lief te he nie...

Aan my Hemelse Vader: Dankie vir al die wonderlike mense wat U deel van ons lewe gemaak het.
Aan al die wonderlike mense wat my Hemelse Vader deel van my lewe gemaak het: Baie baie dankie.
Ek wardeer elkeen van julle en het julle opreg lief.

Dankie vir elke gebed.
Dankie vir elke finansiele bydrae.
Dankie vir elke omgee oproep, sms boodskap, e-pos, besoekie as jy in die dorp is.
Dankie vir die kruideniersware wat vir ons gekoop is.
Dankie vir die splinternuwe meubels voor my deur afgelaai.
Dankie vir opregte omgee liefde...


Dankie!

2 comments:

  1. Ai Nims en dis 'n gawe om met soveel dankbaarheid en grasie soos jy te ontvang. Vader seen vir julle en dankie dat julle toelaat dat ander mense julle dien.

    ReplyDelete
  2. Ai en weer eens laat jy my saam met jou my kop in nederigheid sak en jou Dankie deel.... Dankie Nims dit maak alles en wat weer die moeitewerd.

    ReplyDelete