Sunday, January 22, 2012

Gautrain...

Was so bevooreg om in 2011 twee keer op die Gautrain te ry. Albei geleenthede moontlik gemaak deur my kinders. Die Centurion stasie n netjiese uiters moderne gebou.

Daar is 80km spoor en die trein roete is tussen Pretoria, Johannesburg en OR Thambo lughawe.

Die verkeer in Pretoria, na Johannesburg en die lughawe is soms regtig n nagmerrie en die trein n groot uitkoms vir mense op hierdie roete.


Die stasie self is baie goed georganiseerd, die aanwysingsborde duidelik sigbaar en leesbaar - oral goed ingeligte personeel indien daar onsekerheid sou wees. Die aankondigings duidelik hoorbaar en elektroniese flitsborde op al die peronne.
Kaartjies word by elektroniese masjiene gekoop. Dit gaan vinnig en flink. Geen lang uitgerekte toue wat wag. By die deurganhekke druk jy eenvoudig jou kaartjie voor die ogie en jy stap deur.




Roete aanwysings en opklim peronne duidelik aangewys, so verdwaal op die stasie is byna onmoontlik. Die peronne ook baie veilig want daar is n duidelike geelstreep geverf en geen passasier mag oor die streep stap alvorens die trein op die perron gestop het nie.



Die binnekant van die trein en alle stasie geboue is pragtig skoon en daar is ook groot boetes vir enige persoon wat sou rommel strooi of eet op die trein en stasiegeboue. Badkamers luuks en n plesier om te gebruik.

Die spoed waarmee die trein ry is regtig n belewenis... 19minute van Centurion tot in Santon... 4minute van Centurion tot in die stad!






Daar is ook n wye busroete beskikbaar met duidelike opklim en afklim haltes.



Die busse loop n groot gebied rondom die verskeie stasies.




Die Gautrein was vir my en Willie n heerlike belewenis, so ook die busrit van die stasie tot in die stad.





































































1 comment:

  1. Dit lyk net soos ons "trein" hier lyk :-), ons geniet dit net soveel.

    ReplyDelete