Saturday, August 2, 2008

Pyn...wins of verlies

I walked a mile with pleasure,
she chattered all the way,
But left me none the wiser
for all she had to say.
I walked a mile with sorrow,
and ne'er a word said she,
But, oh, the things I learned from her
when sorrow walked with me!

Elkeen wat al WERKLIK geleef het, ken pyn.
Niemand kan pyn ooit heeltemal ontduik nie, dit maak deel uit van ons daaglikse bestaan...
Pyn gaan gewoonlik gepaard met verlies;...
* van n dierbare deur die dood
* van gesondheid
* van n egskeiding
* van ekonomiese sekuriteit
* van n plek in die gemeenskap
Al hierdie verliese gaan gepaard met eensaamheid.
En daarmee saam soms ook angs, selfverwyt, skuldgevoelens en selfs woede...

Maar een ding wat elkeen van ons moet weet is dat pyn en verlies, onteenseglik groei en rypwording meebring!
Daar is eienskappe wat alleenlik met hartseer gekoop kan word!
* n nuwe sin vir waardes
* nuwe prioriteite
* die wete dat elke dag kosbaar is - maak die beste daarvan!

In die woorde van Thomas Wilder:
' In loves's service only the wounded soldiers can serve'!

In my eie lewe het elke verlies, terugslag, pyn of lyding n nuwe bewuswording van my eie reserwes meegebring. En het ek n begrip ontwikkel hoe om hierdie reserwes tot my groter voordeel te ontwikkel...
het ek dit bemeester dat die allerdaagse frustrasies nie meer die mag het om die oorhand te kry nie...

En was God my nog altyd genadig, Hy begryp my pyn!

1 comment:

  1. Dis waar pyn is ongelooflik eensaam.
    Dit is angs en paniek aanvalle, jy tree heeltemal uit jou bloed groep op.

    Maar ek het daaruit geleer, baie sterker uitkom. Baie meer simpatie en empatie met ander. Maar ek loop nou oop oë deur die lewe vir mense wat ander misbruik, vertrap, lieg en bedrieg!

    Pragtige inskrywing Nims!!!

    Jy is 'n tweeling!!!
    En jy bly ook in Pretoria!!
    Dis nou interessant!

    Hoop jy het 'n lekker naweek!

    ReplyDelete