Friday, August 22, 2008

Is om dood te maak die enigste moord?

Najwa Petersen, vrou van Taliep Petersen, het gister weer in die hof verskyn, rakende die skokmoord op haar man, Taliep, so effe meer as n jaar gelede! Sy is nog geensins skuldig bevind nie, en dus wil ek geheel en al nie oor haar praat nie.
Lees ek onlangs in n gewilde dagblad van nog n vrou wat in die hof verskyn het in verband met n moord op n huweliksmaat...

Nie almal het die moed om sy of haar maat te vermoor nie!
Maar wat huweliksmaats aan mekaar doen, is dikwels niks anders as moord nie!
In sekere gevalle word vroue emosioneel so verniel, dat dit eintlik erger as fisiese moord is!
Dit gaan oor die kenmerk van die post-moderne lewe, naamlik om uiters egosentries te wees!

Hierdie eienskappe speel hom af op hope terreine van die lewe. Lojaliteit tel geen punte nie.
As jy nie genoeg voordeel by jou werk trek nie, stap jy aan na die volgende. As die kerk nie spesifiek aan jou behoeftes bevredig nie, soek jy n volgende gemeente!
Jy vra nie of jy dalk iemand kan bedien nie. En net so is dit in die huwelik!
Jy vra nie wat ek kan doen om my maat te dien nie en wat ek kan insit om die huwelik te laat werk nie.
Nee, jou eie persoonlike eie-ek tel die meeste!
En met so n lewensuitkyk sal geen huwelik n kans staan om te oorleef nie!!

4 comments:

  1. Baie ware inskrywing. Mense vergeet soms hulle huweliksmaats moet soos goud behandel word.

    Mens moet altyd bereid wees om 110% in jou huwelik in te sit! 50/50 werk nie!!

    ReplyDelete
  2. Hi Nimsie ek het jou getag!! ;)

    ReplyDelete
  3. Daar is vir jou 'n toekenning op my ander blog

    http://onderdiemaanensterre.blogspot.com/

    ReplyDelete