Monday, August 18, 2008

Satan eis ons kinders se lewens

Hoe hartseer word ek tydens die aand nuus. n Jong kind vermoor n ander nog voor skool met n swaard en verklaar doodluiters daarna dat "SATAN" vir hom gese het om dit te doen!
Die radio se middag nuus berig van twee skoolmeisies wat selfmoord pleeg en briewe los wat se hulle sterf eerder voor hulle by satanisme betrokke raak!

Dit maak my so hartseer as ek dink aan dit wat ons kinders in die gesig moet staar, veral wanneer ek dit vergelyk met my eie sorgelose kinderjare.
Ek het groot geword in in n huis waar christelike waardes by ons ingedril is. Vandag kyk sommige kinders met minagting neer op so n opset. Maar ek dank die Here vir gelowige ouers wat n groot rol in my lewe gespeel het.

Vandag se kinders/tieners gaan nie maklik verander nie.
Die belangrikste vraag wat ons egter kan vra is of ons, ons kinders genoegsaam bemagtig om die hedendaagse eise die hoof te bied.
Bestee ons genoegsame tyd aan ons kinders?
Weet ons kinders waar om troos en skuiling te soek?

Ons kinders leef in n ontsettende vyandige wereld. Dis nie net die sigbare sake soos geweld, misdaad en motorongelukke wat hulle lewens bedreig nie, maar ook onsigbare gevare soos dwelms, seksuele losbandigheid en satanisme!

Mense kom ons vat hande en ons bid ernstig vir ons kinders!

My innige simpatie aan die ouers wat vroegmore hulle kind aan die dood moes afgee. My gedagtes en gebede gaan uit na julle.

2 comments:

  1. Dis so waar Nimsi, Ons moet bid vir ons en mekaar se kinders!

    ReplyDelete
  2. Nims waar is jy??? Sterkte vir jou!

    ReplyDelete