Monday, October 6, 2008

Haar rustige manier

Bel ouma Jane my vanmiddag uit die Baai uit, Ouma Jane is nou nie eintlik n bel mens nie, sien sy glo nog aan briewe skryf, en moes ek baie van haar briewe vir haar gaan pos toe ons nog bure in die stad was.
Ouma Jane is al diep in die tagtigs en het in Maart vanjaar besluit om te gaan "aftree" by haar seun in die Baai.

Ouma Jane het nog altyd n kalmerende uitwerking op mense om haar. Dt is nie iets spesifieks waarop mens jou vinger kan le nie, maar dit is daar. Dit vergestalt in n glimlag, n grappie of die blote daar wees vir iemand om lief te he en self geliefd te voel. Amper almal wat haar ken, voel dit aan.
Dalk is dit omdat ek haar gesiedenis ken. Dit herinner my dat die probleme wat ons in hierdie dol wereld ervaar, nie nuut is nie. Mense het deur die eeue nog oorleef.
Haar oe vonkel altyd. Sy luister, en luister dan nog. Bowenal verstaan sy!
Ouma Jane lag baie...
Haar vrolikheid herinner my altyd "Dinge sal uitwerk-jy sal sien"
Sy sal jou n koppie tee in die hand stop, en vir jou lieflike stories vertel wat jou sal bemoedig
Ek is so dankbaar vir Ouma Jane en haar kalm rustige geaardheid!
Haar liefde vou om my soos n warm kombers en laat my veilig voel.

Is haar troos woorde dan ook aan my vanmiddag...
Ou kind- ek is so jammer dat jy nou deur moeilike tye gaan. Weet net ek is daar vir jou en ek bid vir jou!

2 comments:

  1. Wat 'n blessing om 'n "ouma Jane" te he wat vir jou bid.

    ReplyDelete
  2. Your blog keeps getting better and better! Your older articles are not as good as newer ones you have a lot more creativity and originality now keep it up!

    ReplyDelete