Wednesday, October 1, 2008

Oktober

Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand.
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober
die mooiste mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!

So praat C. Louis Leipoldt, en saam met hom juig ons harte;
JA n duisend maal JA vir die heerlike somerdae vol uitbundigheid en vreugde.
So wil ons ook ons dae ervaar, elke dag met afwagtig sien oopbreek en asem ophou vir al die wonderlike dinge wat dit mag inhou.
Ons wil oorvloedig lewe, elke dag ten volle ervaar, elke oomblik soos n lemoen uitsuig todat dit dolleeg is!

Ons wil ons harte oopmaak en die volheid daarvan deel met iemand wat dit nodig het.
Maar ons wil tog ook fyn trap, laag buk en grondlangs ruik om niks van die byna verborge dingetjies onder ons voete te vertrap nie!

Ons wil hierdie mooiste, mooiste maand ons s'n maak en die geurige herinneringe diep binne-in ons troetel om dit weer uit te haal en krag daaruit te put in die dae wat vorentoe mag wag.

1 comment:

  1. Hi Nimsie, jammer ek kom nou eers hier ingeval, dit gaan rof by my!

    Dis baie moeilik om mense te vergewe wat jou oneindig seer gemaak het, ek was daar, dra nou nog die letsels. Ek het baie hard daaraan gewerk om te vergewe!!!! Ek het dit reg gekry en is sommer nou gesond! Jy moet hulle vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie!! Sterkte (((Nimsie)))

    Ek is so bly dis Oktober maand, gister-aand het ons so paar druppels (baie min) reën gehad, ek is in Centurion. Ek wou sommer in die reën gaan rond hardloop, uitbundig dans!! Hierdie was vir my 'n slegte winter. My tuin is mooi en die lewe is 'n lekker plek veral omdat dit Oktober is, voorwaar die mooiste, mooiste maand!!!

    ReplyDelete