Saturday, October 25, 2008

Moeg

Ons verhuis weer...
Die vierde keer in vyf maande!
Weer na ander dorp...
vreemde dorp, vreemde mense, vreemde paaie, vreemde winkels!

...eintlik is ek seker veronderstel om bly en dankbaar te wees, vir die geleentheid om weer n inkomste te he, en ek is, glo my, ek is...
ek gun hom hierdie geleentheid, ek gryp dit saam met hom...

MAAR... EK IS MOEG...
moeg geveg
moeg om hard te werk
moeg om hierdie lewens game te speel
moeg voorgegee!

ek is moeg, meer as ooit tevore
moeg vir reg en verkeerd
moeg vir waarheid en leuens
moeg vir opstaan en aangaan
MOEG

Here, ek is beseer, ek kan nie nou verder speel nie,
ek wil nie nou verder speel nie...

Ek is moeg en jy moet verstaan, en as jy nie wil verstaan nie kan jy maar net verbystap, want ek is moeg "ge-fight" ek het nie meer guts en charme oor nie, ek het niks oor nie!

3 comments:

  1. Hy hoor jou! Al wat ek kan se is klim net op Sy skoot vir rus teen die moegheid. Sterkte, bid vir jou!

    ReplyDelete
  2. Die dierbare Hemelse Vader verstaan dat ons partykeer net sommer wil boedel oorgee. Met my ook sowat 2 weke gelede gebeur. Toe lees ek in my stiltetyd 2 Kor 12 en in die gedeelte kom tel Hy my op deur vir my te se ...My genade is vir jou genoeg....

    As ons so voel moet ons net vertroosting by Hom gaan soek en nie ons in die arms van die vyand wil gaan tuismaak nie. Die vyand sal altyd met mooi stories by ons kom. Ignoreer hom Jesus is die antwoord vir alles

    ReplyDelete
  3. (((Nimsie))) Ek sal vir jou bid!

    Jou inskrywing laat 'n traan oor my wang rol!

    ReplyDelete