Tuesday, October 7, 2008

Kosmos


Kosmos is genade blomme.

Jy saai hulle nie.

Jy plant hulle nie.

Jy gee hulle nie water nie.

Maar as jy op n mooi dag weer kyk,

staan hulle langs die pad...


So kom n ou seuntjie met skurwe hantjies vandag by my met n bossie deurmekaar blommetjies...

Hierso tannie, vir jou se hy met sy haasbekkie.

En besef ek weer opnuut...

Om liefde te gee KOSMOS niks!





1 comment:

  1. Wow pragtige inskrywing!!

    Ek is natuurlik mal verlief op Kosmosse!!!

    ReplyDelete