Monday, December 8, 2008

Die Smit gesin se verhaal

Die situasie agter hierdie verhaal is werklik, maar die name is aangepas om die mense te beskerm. Ek plaas hierdie verhaal met hulle toestemming!

Vandat ek kan onthou het mense my gefassineer...
Waar kom ek aan hierdie verhaal?
...Dit is aan my vertel deur die dogter self ( nou al n volwasse vrou met twee tiener dogters) Sy het genadiglik oorleef en opgestaan... en elke treetjie van haar opstaan pad was seer!

Alles in die Smitte se huishouding is voorspelbaar.
Elke vrydagaand kom meneer Smit laat van die werk af. Elke vrydagaand vrees mevrou Smit hy het weer n verhouding. Elke vrydagaand begin mevrou Smit op haar dogter te skree terwyl sy op meneer Smit wag. Elke vrydagaand loop mevrou Smit weg. Elke vrydagaand kom meneer Smit laat by die huis en begin sy vrou soek. Elke vrydagaand kry meneer Smit sy vrou waar sy iewers langs die pad loop, en bring haar terug.
Elke vrydagaand maak meneer en mevrou Smit rusie. En dit duur tot Sondagaand.
Elke vrydag - tot - sondagaand sien hulle nie hoe hulle dogter daarvan bewe nie.

Een vrydagaand gebeur dit n bietjie anders. Meneer Smit werk weer laat. Mevrou Smit skree weer op haar dogter. Mevrou Smit loop weer weg. Toe meneer Smit laat by die huis kom sien hy hy moet weer sy vrou gaan soek. Hy wil eers n draai loop en pluk die badkamerdeur oop. Sy dogter le in die bad. Hy wonder vlugtig waarom sy sulke rooi badskuim gebruik. Dan hardloop hy uit agter sy vrou aan.
Toe hulle terugkom bad sy dogter nog steeds. Meneer en Mevrou Smit baklei die hele aand. En die dogter bad die hele tyd.
Meneer Smit wil nou ook bad en skree vir sy dogter om uit te klim. Hy dreig om haar te kom uitpluk, hy het nou genoeg van moeilike vroue gehad.
Hy storm by die badkamer in. Die badwater is nou baie rooi. Nou sien Meneer Smit sy dogter se oop polse.

Meneer Smit skree vir sy vrou om te kom help, maar sy het haarself weer in die slaapkamer toegesluit.
Hy verbind sy dogter se polse en sleep haar na die motor.
Toe hy wegjaag, skree sy vrou agter hom aan dat hy seker nou weer by sy flerrie gaan inkruip...

Gesinsterapie, is wat die hospitaal aanbeveel toe dit blyk dat die dogter gaan lewe. Dit was n lang en seer pad voordat hierdie gesin mekaar weer vertou het!

Miskien is dit... of miskien word dit... ook jou verhaal.

My genade is vir jou genoeg.
My krag kom juis tot volle werking
wanneer jy swak is.
2 Korintiers 12:9

5 comments:

  1. Mense kan so op hulle self konsentreer en nie die seer in ander sien nie.

    ReplyDelete
  2. Hallo Sandra, ja dit is so waar, en so n kleintyd seer los altyd maar altyd letsels!
    Bly om te sien julle vakansie hier in SA is n fees! Groete aan die ou in Abu Dhabi
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. O Nimsie, die wêreld is so deurtrek van hartseer en nood. En alles omdat die mens nie naby die Here wil leef nie. En die kinders! O die kinders wat so swaarkry. Hier in Amerika is daar ook ontsaglik baie kindermishandeling. (Hoe meer mense, hoe meer sonde...)

    Laat ons vir sondaars en hul slagoffers bly bid, die Here hoor.

    ReplyDelete
  4. mariki
    Hierop kan ek net Amen se vriendin
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Dit maak my altyd so hartseer as ek sulke verhale lees of teëkom in die lewe. Die lewe is regtig so kort!

    Ek stem saam Mariki, mens kan net bid!

    ReplyDelete