Wednesday, December 10, 2008

Liefde sonder grense

Christus se koms na hierdie wereld het vir ons iets kom wys van die omvang van God se grenslose liefde.
Ondanks Sy grootheid kies Hy om die skoot van n nederige vrou te gebruik om Sy Seun in die wereld te bring, om die blink van n paleis vir n eenvoudige stal te verruil en die Goeie Nuus sommer heel eerste aan nederige skaapwagters te bring.
Terseldetyd kon Sy boodskap die harte van hooggeplaaste sterrekundiges op so n wyse deurdring dat hulle in staat was om - ongeag hul geleerdheid - die wonder van die ware Koning te herken.
Die Betlehem baba kom se vir ons dat ons Here se liefde op asemrowende maniere verby vertoon, status, kennis en rykdom loop - en dan n tuiste vind in die harte van gewone mense, mense soos ek en jy!

5 comments:

  1. Hy het die Wysemanne met 'n ster geroep, die Skaapwagters met Engelgesange.
    Waarmee roep hy ons?
    Die Wysemanne en die Skaapwagters het gereageer op sy geroep.
    Wat doen ons?
    Luister ons na SY stem of hardloop ons agter die klatergoud van hierdie wereld aan?
    Dit help niks Jesus is in Bethlehem gebore, maar nie in ons harte nie.
    Liefde OP

    ReplyDelete
  2. Dit is so waar oom Petrus! baie dankie vir die bydrae. Wil nog met jou gesels oor n stukkie skryf op my blog vir Kersfees.
    Liefde daar
    x

    ReplyDelete
  3. Dit is so waar oom Petrus! baie dankie vir die bydrae. Wil nog met jou gesels oor n stukkie skryf op my blog vir Kersfees.
    Liefde daar
    x

    ReplyDelete
  4. Dankie aan jou en Oom Petrus!

    En ek dink nie ons met ons ou sondige verstandjies kan regtig besef WAT Christus vir ons kom doen het nie.

    Ooe, maak dit mens nie opgewonde nie -- soveel wonderlike Goddelike liefde!

    ReplyDelete
  5. Hello mariki
    Ja, die omvang van God se liefde is waarlik so groots...
    Ek wil volgende jaar meer konsentreer op dit hier op my blog.
    Nimsi

    ReplyDelete