Tuesday, December 2, 2008

Marius


Veels Geluk! Vandag is jou verjaarsdag.
Mag die nuwe lewensjaar vir jou groot en mooi dinge inhou my kind.


Dierbare Hemelse Vader
Baie dankie dat U Marius 28jaar vir my gespaar het.

Dat U hom bewaar het en vir al U seen en genade in sy lewe

Vader baie dankie dat U hom liefhet, en dat hy vir U ken en U liefhet.

Dankie Vader dat U in hom gesit het n hart vir ander

Dankie O Heer dat hy oral waar hy gaan n verskil maak

Baie Dankie Vader dat ek deur hierdie kind deel kan he aan die wonder van die liefde tussen n ma en kind

Hou hom asseblief veilig in die holte van U hand in hierdie nuwe lewensjaar van hom

Amen

Ek vra nie vir jou die dieper betekenis van die kanarie se lied of die sonsopkoms op n mistige more nie. Vir my is dit genoeg dat dit daar is, dat dit pragtig is, en dat jy Hom wat dit gemaak het jou Vader mag noem!

4 comments:

  1. Baie, baie geluk aan julle almal met die besondere geleentheid. Mag die Here julle nog lank vir mekaar spaar.

    Jou kind klink vir my na 'n baie besonderse mens.

    Hoe diep dankbaar is 'n ma se hart, né.

    ReplyDelete
  2. More Mariki
    Baie dankie vir die mooi wense.
    Marius is my enigste kind en maak my lewe werklik mooi en sinvol.
    Hoop jy geniet nog die sneeu daar by julle.
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Baie geluk met Marius se verjaarsdag en mag hy vir julle in die nuwe jaar net meer vreugde bring!

    ReplyDelete
  4. Baie dankie Sandra.
    Hoop julle geniet nog jul kuiertjie in Suid Afrika.
    Nimsi

    ReplyDelete